Wow! Kyk hoe praat God in antwoord op gebed.
Ek het vandag gebid
oor verskeie dinge en ook gelei gevoel om te bid vir ons
regeringsleiers, dat God hulle harte sal verander en hulle tot bekering
sal lei, hulle sal red. Dat hulle ons land sal regeer volgens Sy Woord,
Sy wil en dat baie in hierdie land na Christus sal draai.
(Baie in ons regering is korrup, in rebellie teenoor God, ons heersers hou van oneerlikheid.)
Die volgende is wat God vir my sê deur Sy woord (Psalm 47:10) en deur
'n kommentaar van John Gill (ek hou baie van sy kommentare op
Skrifverse):
Die edeles van die volke het vergader — ’n volk van
die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog
verhewe is Hy! ~Psalm 47:10
Die skilde van die aarde is die
heersers van die aarde, en hulle is veronderstel om 'n skild, 'n
beskerming vir ons te wees. Die Here stel hulle aan en sit hulle af
soos Hy wil, en hulle harte is in Sy hande en Hy kan hulle bekeer
wanneer dit Hom behaag en hulle bymekaarmaak in Sy Seun en Sy kerk.
Ons veiligheid en beskerming is van die Here wat Koning is oor die hele aarde.
Christus het alle mag in die hemel en op aarde en word hoog verhef aan
die regterhand van God, en engele, owerhede en magte is onderhewig aan
Hom.
Ek sal aanhou bid vir ons regeringsleiers, want hulle is in
God se hande en Hy is die Pottebakker wat uit dieselfde klomp klei die
een 'n voorwerp tot eer en die ander tot oneer maak.
Dankie Here dat U in beheer is en dat U wil op aarde gedoen word net soos in die hemel. Amen.
Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die
een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? ~Romeine 9:21
Maar in ’n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer
nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot
oneer. ~2 Timotheus 2:20
Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie. ~2 Korinthiërs 4:7
sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God. ~1 Korinthiërs 2:5
in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter- en linkerhand; ~2 Korinthiërs 6:7
😊Mag julle 'n baie Geseënde Kersfees hê terwyl ons ons verheug in God se Geskenk aan die mensdom, Sy eniggebore Seun Jesus Christus, wie se geboorte baie blydskap vir die wêreld gebring het. 'n Geskenk wat vir ons verlossing deur genade tot geloof gebring het. Watter liefde is dit? Onverdiende liefde, onverdiende genade. Dankie Vader vir U heilige Seun Jesus. Dankie Vader vir U vreugde & vrede in ons harte. Ons het U lief Here ons God!👐💕🕊️🥁🔔📯
Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom
op die laaste dag uit die dood laat opstaan.
My liggaam is die ware voedsel, en my bloed is die ware drank.
*🔥Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.🔥 ~~~~~~ Toe hulle dit hoor, het baie van Jesus se dissipels gesê: “Wat Hy nou
sê, is darem te erg. Wie kan daaraan gehoor gee?”
Jesus het vanself geweet dat sy dissipels hieroor mor, en Hy sê vir
hulle: “Skrik dit julle af?
Wat dan nog as julle die Seun van die mens sien opvaar na waar Hy
voorheen was?
🔥Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen
nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees en gee lewe.🔥
Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie.” Jesus het immers
van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat
Hom sou verraai.
Verder het Hy gesê: “Daarom het Ek vir julle gesê niemand kan na My toe
kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie.”
Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam
met Hom gegaan nie.
JOHANNES 6:54-56,60-66 (AFR83)
~~~~~~ *Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
JOHANNES 15:4
John Gill se kommentaar aangaande Johannes 15:4:
(Vertaal deur my.)
Bly in My
'n Vermaning om voort te gaan in die uitoefening van geloof en liefde op Christus, wat aan Hom vashou, met die volle doel van die hart aan Hom te kleef en die lewe, genade, krag en voeding van Hom te ontvang.
En Ek in julle
'n Belofte wat bemoedig tot die vorige punt, om te bly in Hom, want soos Christus in die harte van sy mense gevorm word, gaan Hy daar voort as die lewende beginsel van alle genade.
'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
Wat die noodsaaklikheid sterk beklemtoon om te bly in Christus deur vars, herhaalde dade van geloof: en dit is maklik om te sien, dat wanneer gelowiges van Christus afdwaal, alhoewel dit maar gedeeltelik en vir 'n tyd is, want hulle kan nie finaal en geheel en al van Hom afdwaal nie, in wat 'n arm, verdorde, vrugtelose toestand hulle is, beide in hulle postuur/houding [frame] en pligte.
~~~~~
Daar in Johannes 6:63 bevestig Jesus dat wat Hy vir hulle gesê het in v.56 "Wie My liggaam eet en My bloed drink, bly in My en Ek in hom.", van die Gees is, geestelik, nie letterlik soos die katolieke glo nie.
Dankie Here dat U my so leer uit U woord. Nou kan ek vir die katolieke verwys na Johannes 6:63 aangaande hulle verkeerde interpretasie van v.56.
En dit klink vir my of John Gill glo in "once saved, always saved" en baie sê dit is verkeerd en ek was ook baie teen dit, maar as jy daaraan dink, Here Jesus sê selfs vir die lou kerk in Openbaring om te bekeer. Jesus gee hulle kans om terug te keer na hulle eerste liefde, na Hom, want hulle het Hom verlaat, afgedwaal van Hom.
Ek het al van baie Christene gelees wat afgedwaal het van die Here (backsliders), maar die Here het hulle weer met ope arms ontvang en nou is hulle terug by hulle eerste liefde, Jesus!
Ons God is so liefdevol, so vol genade én baie geduldig met ons.
Iemand sal verwys na Hebreërs 6:4-6....
Wanneer mense een keer deur God verlig is, die hemelse gawe ontvang en deel gekry het aan die Heilige Gees, die goeie woord van God leer ken het en die kragte van die toekomstige wêreld ondervind het en
dan nogtans afvallig geword het, is dit onmoontlik om hulle weer tot
bekering te bring. In hulleself kruisig hulle immers weer die Seun van
God en maak hulle Hom in die openbaar tot 'n bespotting.
....Maar dit praat nie van 'n Christen wat lou is, wat afgedwaal het nie, want 'n Christen wat lou is, glo nog steeds en bely nog steeds met die mond dat Jesus Here is, maar dit praat van 'n Christen wat in al die krag van die Heilige Gees geloop het, gered is ja, maar wat dan totaal afvallig word en wegval van Jesus deur Hom te ontken as Here en God, as die Woord wat vlees kom word het.
Verse tot bemoediging:
Kom terug, kinders wat afgedwaal het,
Ek wil 'n einde maak aan julle afdwaling.
Jeremia 3:22
Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie.
Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal,
en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.
Ek en die Vader is een.”
Johannes 10:28-30
Return, Oh Backslider ~ Walter Hawkins & The Love Center Choir
We've changed
We no longer seek, my God's face
We changed
We think we're saved by works and not by faith
The purest saints of God
We no longer seek, and our testimonies as Christians
They get so tired and so weak
We’ve changed
We’ve no desire to fast or to pray anymore
We’ve changed
We attend the church, but it seems such a bore
We have a form of Godliness
Church we’ve lost all of our power
How can we stand in these old last and evil day
How can we face the final hour
Return, oh backslider…
Return and He’ll revive us
He’ll restore you
Back to your place in God
Again…
Again…
He will come and bring you life
More abundantly if you only return
Unto Him…
We… we have changed
The joy that once was our strength is all gone
Church we’ve changed
We feel we can do anything whether right or whether wrong
But my Bible tells me there…will be
There’s going to be a great falling away
I came to tell you, you don’t have to be in that number
Return to Christ today
Return, oh backslider…
Return and He’ll revive us
He’ll restore you…
Back to your place in God
Again…
Again…
He will come… and bring you life
More abundantly…only return
Ek sien hoe maak ons land se mense staat op hulle leiers en raadgewers in plaas van op die Here. Dan moet ons die gevolge dra. Soms sit die Here ons deur 'n smeltkroes. Hy dwing ons op ons knieë, om uit te roep na Hom, want wanneer geen mens kan help nie en jy het alle hoop verloor, dan is God jou laaste uitweg, veral as jy Hom nie ken nie.
Wanneer ons van alles gestroop word waarop ons hoop gebou is, die aardse dinge wat vir ons net valse sekerheid gee, dan maak God 'n nuwe begin met ons.
Eers deur die smeltkroes, maar dan verlos die Here ons weer. Eers dan besef ons, ons afhanklikheid van Hom.
Vir ons wat Sy kinders is, is daar altyd hoop, maak nie saak hoe donker omstandighede lyk nie. Ons weet waar ons hulp vandaan kom en ons hardloop eerste na ons Hemelse Vader in gebed. Sit jou vertroue in die Here alleen, want jou hulp kom van Hom wat hemel en aarde geskape het. Sy Naam is Jesus.
Na gebed vandag lei my God my na Psalm 81 en 'n paar versies spreek tot my hart. My Here weet hoe ek in my hart wonder oor al die Christene wat so ramshorings blaas.
Ek het niks teen ramshorings nie, ek hou van die klank van die ramshoring, maar dit is vir my asof so baie Christene die Israeliete se manier van doen aanneem.
Elk geval, kyk wat openbaar my God vir my in Sy woord aangaande daardie ramshoring!
Blaas die ramshoring op nuwemaan, met volmaan, op ons feesdag,
want dit is 'n instelling vir Israel, 'n verordening van die God van Jakob.
Hy het dit vir die nageslag van Josef as 'n dure plig opgelê toe hulle uit Egipte weggetrek het. Wat hulle toe nog nie geweet het nie, het hulle gehoor:
“Ek het die swaar drag van julle skouers afgehaal, julle kon die mandjies neersit.
Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het.
Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee.’
🔴PSALMS 81:4-7, 11 AFR83
Nou kyk net daar! My Here weet wat ek bepeins in my hart omtrent die ramshorings.
Dit was 'n INSTELLING vir ISRAEL, 'n VERORDENING, 'n DURE PLIG VIR DIE NAGESLAG VAN JOSEF.
Dit was nie vir die kerk bedoel nie. Daar is seker niks fout daarmee om dit te gebruik nie, maar hoekom teruggaan na hoe die Israeliete dinge gedoen het wat vir hulle voorgeskryf is en nie vir ons nie? :/ Net soos met die feeste wat vir die Israeliete gegee is en dui op Here Jesus en Hy het die feeste vervul. Ons hoef nie meer die feeste te vier wat vir Israel bedoel was nie.
Dit gaan vir God oor ons harte, het ons ons harte (nie ons klere nie) voor Hom geskeur? Gee ons om vir mekaar as broeders en susters in Christus? Dra ons mekaar se laste? Gee ons om vir die armes? Is ons hand oop vir hulle?
Wanneer ons dit doen, dan doen ons dit vir ons Here Jesus ons Koning. So sê Hy self.
En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’
🔴Matteus 25:40
Wat die Here ook tot my hart gespreek het was vers 11. "Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee." En Hy is getrou aan Sy woord! :) Dankie my God, my vertroue is in U alleen.
Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie.
Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel.
Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” 🔴Matteus 10:29-31
Na aanleiding van die artikel op Maroela Media FB blad. Ek kom nog heeltyd op vir dié gebedsbyeenkoms wanneer ander so gemeen is, maar nou voel ek beledig!😢 Baie van ons het siekes om te versorg en kan nie net pad vat Bloem toe nie. Hoekom is dit nou nodig om ons binnekamer gebede so aan te val?😢
Ek sien nou al 'n hele ruk dat daar baie TROTS is in baie wat spog hoe hulle nou moeite doen om daar te kan wees en dan word daar neerhalend van diegene gepraat wat nie gaan nie.
God se seën gaan nie wees oor iets wat so verdeel en met soveel trots en neerkyk op ander gepaadgaan nie.😢
Ek voel regtig baie seergemaak. Ek sal maar in my eenvoudigheid bid elke liewe dag soos Heilige Gees my lei en soos Hy elke dag doen.
Moenie laat trots hierdie werk van God kragteloos maak nie. Ek bid vir julle almal en ook mòre.....of gaan my gebed nie my God se ore bereik nie omdat ek nie Bloem toe is nie?😢
💕Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ’n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.
Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die WARE AANBIDDERS die Vader IN GEES EN WAARHEID sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.💕
JOHANNES 4:21, 23 AFR53
...en die oomblik wat daar neerhalend verwys word na mede-Christene wat nie gaan nie en ons binnekamer gebede afgemaak word asof dit nou nie so kragtig gaan wees nie oor dinge wat nou kamtig ons aandag gaan aflei en ons 'ge-guilt trip' word, dan sien ek nie die liefde van ons Here Jesus hierin nie en dan beteken álles wat ons doen en sê voor God, NIKS.
...en nog 'n ding...hier op die internet het beide kampe (Christene, die wat Bloem toe gaan en die wat nie) baie lelik en sonder liefde met mekaar gepraat.
Nou wil jy in Bloem gaan bid en jy wil in jou binnekamer gaan bid, maar dink jy God gaan jou hart vol liefdeloosheid teenoor mede-Christene, aanhoor?
Laat ons seker maak ons bekeer van daai liefdeloosheid en trots voor ons in gebed voor ons Koning gaan staan, anders gaan ons gebede op dowe ore val.
Doen 'n ding met die regte hartsgesindheid of glad nie.
Mag God die getwis, liefdeloosheid en trots van die wat Sy Naam dra, vergewe en almal van ons se gebede aanhoor en verhoor vir hierdie mooi land van ons. #JesusChristusIsHere
Verlang ons as Christene terug na die vleispotte van Egipte? Verlang ons terug na die verkeerde dinge wat lekker was, waarvan die Here ons verlos het? Smag ons om weer deel te hê aan die wêreldse dinge? Indien dit so is, is ons vyande van God.
As Christene moet ons uitstaan van die wêreld. Ons moet ons eenkant hou. Ons moet wegbly van die wêreld se dinge. Ons moenie deelneem aan dit nie. Ek dink nou spesifiek aan die Pokémon speletjie. Dit is van die wêreld en dan lees mens nog boonop dat dit met okkultiese magte te doen het, met spesiale "kragte" en dan beteken Pokémon "pocket monsters". Sak monsters! My maggies mense, wat het Christene met sulke dinge te doen? Hoe eer ons die Here ons Heilige God met dié wêreldse dinge? Jy weet, as iets net effens neig na die okkulte se kant toe moet ons ver wegbly van dit.
Dit is nie net oor die speletjie Pokémon nie. So baie ander wêreldse dinge wat Christene in betrokke raak. Ons is kinders van 'n heilige God, 'n uiverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat ons uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig! Ons is bywoners en vreemdelinge in hierdie wêreld. So hoe kan ons nou net soos die wêreld raak en hou van dié dinge wat die wêreld van hou en aanhang? Ons optrede moenie wees soos die van die wêreld nie. Die wêreld jaag Pokémon monsters, ons gaan die teenoorgestelde rigting, ons jaag Jesus na, om meer soos Hy te wees. Ek sien nou die dag 'n video van 'n klomp mense met selfone in die hande wat deur die Pokémon speletjie gelei word na 'n plek waar die sogenaamde monster nou te vinde is. Weet julle hoe lyk dit om almal so te sien loop met selfone in die hand al soekende?....hulle lyk soos zombies. En hulle is van die wêreld, maar die hartseerste van alles, onder hulle is Christene! My broeders en susters in Christus wat lyk net soos die wêreld, wat doen net soos die wêreld, wat nie uitstaan nie, wat nie eenkant van hulle is nie. Kyk ek verstaan ons kan nie onsself heeltemal onttrek uit die wêreld nie, want dan is dit onmoontlik om mense te vertel van die Here en te wys hoe lyk en tree die Here se kinders op. Ons is in hierdie wêreld, maar nie van dit nie. Ons moet net onthou dat ons ambassadeurs van Jesus op hierdie aarde is en ons het 'n plig om almal van Hom te vertel en wanneer mense na ons kyk, hoe ons lewe, moet dit hulle trek na Jesus! Nie na Pokémon of wat ookal wat van die wêreld is nie. Net soos in die kerkgeboue, hulle probeer die wêreld innooi met aardse plesiere, vleeslike plesier. Wat het geword van die wêreld roep na Jesus met die evangelie? Dit is deur die Goeie Nuus te hoor dat mense na Jesus toe getrek word, want geloof kom deur die boodskap te hoor. NIKS anders kan hulle trek na die Here toe nie. Die kerk (óns is die ekklesia, nié die gebou nie) moet nie soos die wêreld klink en lyk en optree nie! Laat ons 'n lig wees wat in hierdie donker wêreld skyn. Laat jou liggie skyn. Ons is die lig van die wêreld. Vermy die wêreld se dinge. Laat alles wat ons praat en doen die Here ons God vereer. Hy is heilig en Hy sê vir ons om heilig te wees soos Hy. Dit is nog 'n ding...praat mens oor dié dinge dan word jy as "hoogheilig" gebrandmerk, maar daardie lou Christene kontrasteer wat God, wie hulle sê hulle aanbid, vir hulle sê om te wees! Hoe hartseer is dit? :'( Dit is 'n hartseer dag wanneer sogenaamde Christene teen jou kom oor jy net sê wat God sê in Sy woord. Ek wonder, kom die wêreld teen jou? Ek kan jou sê hulle kom teen my en dit laat my jubel, want dit wys ek staan uit, ek is op die regte pad met my God (en ek sê dit in alle nederigheid, want alle eer en dank gee ek aan God wat in my werk en nog baie het om in my te verander en Hy sal werk in my om my na die beeld van Christus te vorm totdat ek die dag huis toe gaan om by die Here te wees. Tot dan is ek nog nie perfek nie.), maar wanneer veral gelowiges teen jou opstaan is daar groot fout. Ek weet dit is nie teen my wat hulle kom nie, maar teen die Gees van Christus in my en julle almal, wat hou by die waarheid van God se woord. Jesus het mos vir ons gesê dat die wêreld ons sal haat, dat 'n dienskneg nie groter is as sy Heer nie. So dit is my vraag aan my broeders en susters in Christus, is jy 'n vriend van God of 'n vyand van God? Het die wêreld jou lief of haat die wêreld jou?
Dit is donker tye waarin ons leef mense. Ons as Christene moet waaksaam wees. Die Satan is listig en loop soekend soos 'n leeu wie hy kan verslind. Bly in gebed oor alles. Bid vir ons land en al die mense en ook vir die goddelose leiers van ons land. Hulle het dit nodig. Ons wil nie dat mense hel toe gaan nie! Ons het die Here Jesus se liefde vir mense in ons harte, dit is nou as ons die Gees van Christus het, anders behoort ons nie aan Hom nie! Dankie dat julle gelees het. Laat ons dink oor die dinge. Baie liefde in Christus vir julle van my.♥ Dit is in liefde en oor ek omgee dat ek dié dinge skryf en waarsku. God seën julle.
'n
Spul skobbejakke wat saamgetrek het, het ’n onbedaarlike lus vir vleis
gekry. Die Israeliete het toe ook begin kerm: “Waar kan ons tog vleis
kry?
Ons
onthou nog hoe ons net soveel vis kon eet soos ons wou in Egipte. Daar
was komkommers en waatlemoene en prei en uie en knoffel.
Maar nou stik ons aan die manna waarteen ons elke dag moet vaskyk!”
~Numeri 11:4-6
In
julle huweliksverhouding met God is julle ontrou! Besef julle nie dat
vriendskap met die wêreld jou ’n vyand van God maak nie? Hoor wat ek sê:
As jy die wêreld tevrede wil stel, het jy klaar as vyand teen God
stelling ingeneem.
~Jakobus 4:4
Daarom: “Gaan van hulle af weg en hou julle eenkant, sê die Here, en moenie vat aan wat onrein is nie; dan sal Ek julle ontvang.”
~2 Korinthiërs 6:17
As
julle uit die wêreld ontstaan het, sou die wêreld julle as sy eiendom
liefgehad het. Omdat julle egter nie uit die wêreld ontstaan het nie,
maar Ek julle uitgekies het uit die wêreld – daarom haat die wêreld
julle.
~Johannes 15:19
“Onthou
wat Ek vir julle gesê het: ’n Slaaf is nie belangriker as sy eienaar
nie. Aangesien hulle My vervolg het, sal hulle julle ook vervolg.
Aangesien hulle my boodskap ter harte geneem het, sal hulle julle s’n
ook ter harte neem.
Hulle sal al daardie dinge aan julle doen ter wille van my Naam, omdat hulle Hom wat My gestuur het nie ken nie.