Shalom, heiliges. 🤗💜 Laat ons die taak voltooi wat ons van die Here Jesus Christus ontvang het. Kom ons hardloop die wedloop wat voor ons lê, met volharding en met die oë gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van ons geloof. God seën jou.⚘🕊🦢⚓✝️🐑
Sondag, Januarie 03, 2021
Sondag, Desember 06, 2020
Daaglikse brood
Shalom, dierbares.♡⚘ Word u daagliks gevoed met geestelike brood, die woord van God? In die Onse Vader gebed vra ons God om ons elke dag ons daaglikse brood te gee. Dit is letterlike kos ja, maar ook geestelike voeding. Neem God u Vader in die hemel se woord ter harte om Sy wil te doen.
Praat jy met mense oor Jesus? God sê práát. Moenie toelaat dat die duiwel jou intimideer deur goddelose mense nie. Dit is juis hulle wat moet hoor van Jesus. Ek glo ons moenie argumenteer met hulle nie, maar in liefde vertel van Jesus. Bid vir hulle. Wanneer hulle vol spottery en beledigings is, sê wat nodig is soos die Heilige Gees jou lei, en laat staan hulle. Wanneer hulle jou woorde verwerp, gaan weg as 'n getuienis teen hulle op die oordeelsdag.
God seën jou in Jesus.♡⚘
"Ontvang Sy woord - laat dit in u siel ingaan; verteer dit - laat dit u voeding wees; en laat dit u voedsel en drank wees om die wil van u Vader in die hemel te doen."Adam Clarke Kommentaar
Maandag, November 16, 2020
Versoeking/Verdrukking
Saterdag, November 14, 2020
Vertrou God
Shalom dierbares.🤗♡⚘Wees bemoedig deur die woord van God. God seën julle.
So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.
Maar dit wou julle nie; Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is 'n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou.
JESAJA 30:15, 18 AFR83
Wie op My vertrou, word nie teleurgestel nie.
JESAJA 49:23 AFR83
■'Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.' :
☆in 'n stil onderdanigheid aan die wil van God en om in stilte op Hom te wag vir die gebeurtenis van dinge, om in hulle eie huise te bly, en nie op 'n haastige onstuimige manier nie, nie hier en daar hardloop om hulp nie; in 'n heilige en nederige vertroue op die Here en in die krag van Sy mag, waar hulle sulke krag en veiligheid sal vind.
~ John Gill-kommentaar
■'Dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou' :
☆wat na Hom verlang [omdat Hy hulle nooit sal begewe nie] ':
wat nie hier en daar hardloop vir hulp nie, en onstuimig, onrustig en ongeduldig is nie, maar wag op die tyd van God om hulle goed te doen; wat wag op Sy genadige teenwoordigheid en die ontdekkings van Sy liefde, op die uitvoering van sy beloftes, op antwoorde van gebed, op alle seëninge tydelik en geestelik, en op ewige glorie en geluk; dit is gelukkige persone, almal en almal; hulle geniet nou baie, en daar kan nie gesê of bedink word wat God hierna vir hulle gereedgemaak het nie; sien Jesaja 49:23.
•~♡•~•☆•~•♡•~•☆•~•♡•~•
Vrydag, September 18, 2020
Dinsdag, Junie 11, 2019
Jesus Is God
JESUS, SEUN VAN GOD
IS GOD WAT VLEES KOM WORD HET
Jesus is die Seun van God. Jesus is die Woord van God. In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God, en die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon. Jesus is God geopenbaar in die vlees! Halleluyah! Amen.👐♥️🕊️✝️
Daarom sal die Here self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem.
🌟JESAJA 7:14 AFR53
Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.
🌟MATTHÉÜS 1:23 AFR53
Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors —
🌟JESAJA 9:5 AFR53
🌟Die Ewige Woord🌟
IN die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God. En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, 'n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.
🌟JOHANNES 1:1, 14 AFR53
En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid.
🌟I TIMÓTHEÜS 3:16 AFR53
🌟🌟🌟🌟🌟🌟🌟†🌟🌟🌟🌟🌟🌟🌟
Bemoediging van Jesus
JESUS MOEDIG ONS AAN:
- OM ALTYD TE BID
- OM NOOIT MOEDELOOS TE WORD NIE
'EN Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens GEDURIG MOET BID en NIE MOEDELOOS WORD NIE, en gesê:Daar was 'n regter in 'n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.En daar was in daardie stad 'n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.En 'n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie, tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.
Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?'LUKAS 18:1-8