Vrydag, Januarie 26, 2018

Soek die Here

Baie weier om na Christus te kom en om Sy genade en vergifnis te soek, sodat hulle kan lewe.  God se wraak sal oor hulle uitgestort word. Laat ons nie van die wêreld 'n afgod maak nie, want die wêreld kan ons nie beskerm nie. Slegs Jesus kan.
Geseënde dag vir jou in die Here. Hy is met jou, Hy alleen beskerm jou, nie jou wapens nie. Vertrou slegs in die Naam van die Here jou God! #Jesus 

Maandag, Januarie 08, 2018

Wanneer dit Hom behaag

Wow! Kyk hoe praat God in antwoord op gebed.
Ek het vandag gebid oor verskeie dinge en ook gelei gevoel om te bid vir ons regeringsleiers, dat God hulle harte sal verander en hulle tot bekering sal lei, hulle sal red. Dat hulle ons land sal regeer volgens Sy Woord, Sy wil en dat baie in hierdie land na Christus sal draai.
(Baie in ons regering is korrup, in rebellie teenoor God, ons heersers hou van oneerlikheid.)
Die volgende is wat God vir my sê deur Sy woord (Psalm 47:10) en deur 'n kommentaar van John Gill (ek hou baie van sy kommentare op Skrifverse):

Die edeles van die volke het vergader — ’n volk van die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog verhewe is Hy!
~Psalm 47:10


Die skilde van die aarde is die heersers van die aarde, en hulle is veronderstel om 'n skild, 'n beskerming vir ons te wees. Die Here stel hulle aan en sit hulle af soos Hy wil, en hulle harte is in Sy hande en Hy kan hulle bekeer wanneer dit Hom behaag en hulle bymekaarmaak in Sy Seun en Sy kerk.
Ons veiligheid en beskerming is van die Here wat Koning is oor die hele aarde.
Christus het alle mag in die hemel en op aarde en word hoog verhef aan die regterhand van God, en engele, owerhede en magte is onderhewig aan Hom.
Ek sal aanhou bid vir ons regeringsleiers, want hulle is in God se hande en Hy is die Pottebakker wat uit dieselfde klomp klei die een 'n voorwerp tot eer en die ander tot oneer maak.
Dankie Here dat U in beheer is en dat U wil op aarde gedoen word net soos in die hemel. Amen.

Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
~Romeine 9:21


Maar in ’n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot oneer.
~2 Timotheus 2:20


Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie.
~2 Korinthiërs 4:7


sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God.
~1 Korinthiërs 2:5


in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter- en linkerhand;
~2 Korinthiërs 6:7


Sondag, Desember 24, 2017

Geseënde Kersfees


😊Mag julle 'n baie Geseënde Kersfees hê terwyl ons ons verheug in God se Geskenk aan die mensdom, Sy eniggebore Seun Jesus Christus, wie se geboorte baie blydskap vir die wêreld gebring het. 'n Geskenk wat vir ons verlossing deur genade tot geloof gebring het. 
Watter liefde is dit? 
Onverdiende liefde, onverdiende genade. 
 Dankie Vader vir U heilige Seun Jesus. 
Dankie Vader vir U vreugde & vrede in ons harte. 
Ons het U lief Here ons God!👐💕🕊️🥁🔔📯

🌟Immanuel🌟

Sondag, Desember 17, 2017

Eet My liggaam, drink My bloed

Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom op die laaste dag uit die dood laat opstaan. 

My liggaam is die ware voedsel, en my bloed is die ware drank. 

*🔥Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.🔥 
~~~~~~
 Toe hulle dit hoor, het baie van Jesus se dissipels gesê: “Wat Hy nou sê, is darem te erg. Wie kan daaraan gehoor gee?” 

Jesus het vanself geweet dat sy dissipels hieroor mor, en Hy sê vir hulle: “Skrik dit julle af? 

Wat dan nog as julle die Seun van die mens sien opvaar na waar Hy voorheen was? 

🔥Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees en gee lewe.🔥 

Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie.” Jesus het immers van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat Hom sou verraai. 

Verder het Hy gesê: “Daarom het Ek vir julle gesê niemand kan na My toe kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie.” 

Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam met Hom gegaan nie.
JOHANNES 6:54-56,60-66 (AFR83)
~~~~~~ 
*Julle moet in My bly en Ek in julle.  'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
JOHANNES 15:4
 John Gill se kommentaar aangaande Johannes 15:4:
(Vertaal deur my.)

Bly in My
'n Vermaning om voort te gaan in die uitoefening van geloof en liefde op Christus, wat aan Hom vashou, met die volle doel van die hart aan Hom te kleef en die lewe, genade, krag en voeding van Hom te ontvang.

En Ek in julle
'n Belofte wat bemoedig tot die vorige punt, om te bly in Hom, want soos Christus in die harte van sy mense gevorm word, gaan Hy daar voort as die lewende beginsel van alle genade.

'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
Wat die noodsaaklikheid sterk beklemtoon om te bly in Christus deur vars, herhaalde dade van geloof: en dit is maklik om te sien, dat wanneer gelowiges van Christus afdwaal, alhoewel dit maar gedeeltelik en vir 'n tyd is, want hulle kan nie finaal en geheel en al van Hom afdwaal nie, in wat 'n arm, verdorde, vrugtelose toestand hulle is, beide in hulle postuur/houding [frame] en pligte.
~~~~~
Daar in Johannes 6:63 bevestig Jesus dat wat Hy vir hulle gesê het in v.56 "Wie My liggaam eet en My bloed drink, bly in My en Ek in hom.", van die Gees is, geestelik, nie letterlik soos die katolieke glo nie.

Dankie Here dat U my so leer uit U woord.  Nou kan ek vir die katolieke verwys na Johannes 6:63 aangaande hulle verkeerde interpretasie van v.56.

En dit klink vir my of John Gill glo in "once saved, always saved" en baie sê dit is verkeerd en ek was ook baie teen dit, maar as jy daaraan dink, Here Jesus sê selfs vir die lou kerk in Openbaring om te bekeer.  Jesus gee hulle kans om terug te keer na hulle eerste liefde, na Hom, want hulle het Hom verlaat, afgedwaal van Hom. 
Ek het al van baie Christene gelees wat afgedwaal het van die Here (backsliders), maar die Here het hulle weer met ope arms ontvang en nou is hulle terug by hulle eerste liefde, Jesus!
Ons God is so liefdevol, so vol genade én baie geduldig met ons.

Iemand sal verwys na Hebreërs 6:4-6....
Wanneer mense een keer deur God verlig is, die hemelse gawe ontvang en deel gekry het aan die Heilige Gees,  
die goeie woord van God leer ken het en die kragte van die toekomstige wêreld ondervind het  
en dan nogtans afvallig geword het, is dit onmoontlik om hulle weer tot bekering te bring. In hulleself kruisig hulle immers weer die Seun van God en maak hulle Hom in die openbaar tot 'n bespotting.
 ....Maar dit praat nie van 'n Christen wat lou is, wat afgedwaal het nie, want 'n Christen wat lou is, glo nog steeds en bely nog steeds met die mond dat Jesus Here is, maar dit praat van 'n Christen wat in al die krag van die Heilige Gees geloop het, gered is ja, maar wat dan totaal afvallig word en wegval van Jesus deur Hom te ontken as Here en God, as die Woord wat vlees kom word het.


Verse tot bemoediging:

Kom terug, kinders wat afgedwaal het,
Ek wil 'n einde maak aan julle afdwaling.
Jeremia 3:22
Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie
Niemand sal hulle uit my hand ruk nie. 
 Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal, 
en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie. 
 Ek en die Vader is een.”
 Johannes 10:28-30


 Return, Oh Backslider
~ Walter Hawkins & The Love Center Choir

We've changed
We no longer seek, my God's face
We changed
We think we're saved by works and not by faith
The purest saints of God
We no longer seek, and our testimonies as Christians
They get so tired and so weak
We’ve changed
We’ve no desire to fast or to pray anymore
We’ve changed
We attend the church, but it seems such a bore
We have a form of Godliness
Church we’ve lost all of our power
How can we stand in these old last and evil day
How can we face the final hour

Return, oh backslider…
Return and He’ll revive us
He’ll restore you

Back to your place in God

Again…

Again…
He will come and bring you life
More abundantly if you only return

Unto Him…

We… we have changed
The joy that once was our strength is all gone
Church we’ve changed
We feel we can do anything whether right or whether wrong
But my Bible tells me there…will be
There’s going to be a great falling away
I came to tell you, you don’t have to be in that number
Return to Christ today

Return, oh backslider…
Return and He’ll revive us
He’ll restore you…

Back to your place in God

Again…

Again…
He will come… and bring you life
More abundantly…only return

Unto Him

Can’t you hear God calling you

He will come… bring you life…

More abundantly… if you'll only return

Return unto Him

I called to speak to Him

He will come… bring you life…

More abundantly… only return

Unto to Him


Saterdag, Mei 06, 2017

Vertrou nie op mense nie


9 Waarom skreeu jy so hard?
Het jy nie 'n koning nie?
Het jou raadgewer omgekom
dat kraampyne jou oorval het?
10 Krul van die pyn, Sion, kry geboortepyne
soos 'n vrou in kraam!
Jy moet nou die stad verlaat,
jy moet in die oop veld gaan woon
en na Babel toe gaan.
Daar sal jy gered word,
daar sal die Here jou verlos uit die mag van jou vyande.
11 Nou moet baie nasies nog eers teen jou saamstaan,
hulle sê:
“Ons sal toekyk hoe Sion verontreinig word.”
12 Maar hulle ken nie die plan van die Here nie;
hulle verstaan nie wat Hy besluit het nie:
Hy het hulle soos gerwe op 'n dorsvloer bymekaargebring.
13 Maak klaar en dors die gerwe, Sion!
Ek maak jou sterk:
Ek gee vir jou bronskloue
sodat jy baie nasies kan vermorsel.
Jy sal aan die Here wy wat hulle buitgemaak het,
al hulle besittings aan die Koning van die hele wêreld.
~Miga 4:9-13 © Bybelgenootskap van Suid-Afrika 1983, 1992.
Ek sien hoe maak ons land se mense staat op hulle leiers en raadgewers in plaas van op die Here.  Dan moet ons die gevolge dra.  Soms sit die Here ons deur 'n smeltkroes.  Hy dwing ons op ons knieë, om uit te roep na Hom, want wanneer geen mens kan help nie en jy het alle hoop verloor, dan is God jou laaste uitweg, veral as jy Hom nie ken nie.
Wanneer ons van alles gestroop word waarop ons hoop gebou is, die aardse dinge wat vir ons net valse sekerheid gee, dan maak God 'n nuwe begin met ons.  
Eers deur die smeltkroes, maar dan verlos die Here ons weer.  Eers dan besef ons, ons afhanklikheid van Hom. 
Vir ons wat Sy kinders is, is daar altyd hoop, maak nie saak hoe donker omstandighede lyk nie.  Ons weet waar ons hulp vandaan kom en ons hardloop eerste na ons Hemelse Vader in gebed.  Sit jou vertroue in die Here alleen, want jou hulp kom van Hom wat hemel en aarde geskape het.  Sy Naam is Jesus.

Saterdag, April 29, 2017

Ramshoring

Foto:  https://www.123rf.com
Na gebed vandag lei my God my na Psalm 81 en 'n paar versies spreek tot my hart. My Here weet hoe ek in my hart wonder oor al die Christene wat so ramshorings blaas. Ek het niks teen ramshorings nie, ek hou van die klank van die ramshoring, maar dit is vir my asof so baie Christene die Israeliete se manier van doen aanneem. Elk geval, kyk wat openbaar my God vir my in Sy woord aangaande daardie ramshoring!

Blaas die ramshoring op nuwemaan, met volmaan, op ons feesdag,
want dit is 'n instelling vir Israel, 'n verordening van die God van Jakob.
Hy het dit vir die nageslag van Josef as 'n dure plig opgelê toe hulle uit Egipte weggetrek het. Wat hulle toe nog nie geweet het nie, het hulle gehoor:
“Ek het die swaar drag van julle skouers afgehaal, julle kon die mandjies neersit.
Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het.
Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee.’
🔴PSALMS 81:4‭-‬7‭, ‬11 AFR83

Nou kyk net daar! My Here weet wat ek bepeins in my hart omtrent die ramshorings.
Dit was 'n INSTELLING vir ISRAEL, 'n VERORDENING, 'n DURE PLIG VIR DIE NAGESLAG VAN JOSEF.

Dit was nie vir die kerk bedoel nie. Daar is seker niks fout daarmee om dit te gebruik nie, maar hoekom teruggaan na hoe die Israeliete dinge gedoen het wat vir hulle voorgeskryf is en nie vir ons nie? :/ Net soos met die feeste wat vir die Israeliete gegee is en dui op Here Jesus en Hy het die feeste vervul. Ons hoef nie meer die feeste te vier wat vir Israel bedoel was nie.

Dit gaan vir God oor ons harte, het ons ons harte (nie ons klere nie) voor Hom geskeur? Gee ons om vir mekaar as broeders en susters in Christus? Dra ons mekaar se laste? Gee ons om vir die armes? Is ons hand oop vir hulle?

Wanneer ons dit doen, dan doen ons dit vir ons Here Jesus ons Koning. So sê Hy self.
En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’
🔴Matteus 25:40
 
Wat die Here ook tot my hart gespreek het was vers 11. "Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee." En Hy is getrou aan Sy woord! :) Dankie my God, my vertroue is in U alleen.  

Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel. Moet dan nie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” 
🔴Matteus 10:29-31


Vrydag, April 21, 2017

Biddag in Bloemfontein

Na aanleiding van die artikel op Maroela Media FB blad.
Ek kom nog heeltyd op vir dié gebedsbyeenkoms wanneer ander so gemeen is, maar nou voel ek beledig!😢 Baie van ons het siekes om te versorg en kan nie net pad vat Bloem toe nie. Hoekom is dit nou nodig om ons binnekamer gebede so aan te val?😢

Ek sien nou al 'n hele ruk dat daar baie TROTS is in baie wat spog hoe hulle nou moeite doen om daar te kan wees en dan word daar neerhalend van diegene gepraat wat nie gaan nie.

God se seën gaan nie wees oor iets wat so verdeel en met soveel trots en neerkyk op ander gepaadgaan nie.😢

Ek voel regtig baie seergemaak. Ek sal maar in my eenvoudigheid bid elke liewe dag soos Heilige Gees my lei en soos Hy elke dag doen.

Moenie laat trots hierdie werk van God kragteloos maak nie. Ek bid vir julle almal en ook mòre.....of gaan my gebed nie my God se ore bereik nie omdat ek nie Bloem toe is nie?😢

💕Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom ’n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie.
Maar daar kom ’n uur, en dit is nou, wanneer die WARE AANBIDDERS die Vader IN GEES EN WAARHEID sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.💕
JOHANNES 4:21‭, ‬23 AFR53

...en die oomblik wat daar neerhalend verwys word na mede-Christene wat nie gaan nie en ons binnekamer gebede afgemaak word asof dit nou nie so kragtig gaan wees nie oor dinge wat nou kamtig ons aandag gaan aflei en ons 'ge-guilt trip' word, dan sien ek nie die liefde van ons Here Jesus hierin nie en dan beteken álles wat ons doen en sê voor God, NIKS.

...en nog 'n ding...hier op die internet het beide kampe (Christene, die wat Bloem toe gaan en die wat nie) baie lelik en sonder liefde met mekaar gepraat.
Nou wil jy in Bloem gaan bid en jy wil in jou binnekamer gaan bid, maar dink jy God gaan jou hart vol liefdeloosheid teenoor mede-Christene, aanhoor?
Laat ons seker maak ons bekeer van daai liefdeloosheid en trots voor ons in gebed voor ons Koning gaan staan, anders gaan ons gebede op dowe ore val.
Doen 'n ding met die regte hartsgesindheid of glad nie.

Mag God die getwis, liefdeloosheid en trots van die wat Sy Naam dra, vergewe en almal van ons se gebede aanhoor en verhoor vir hierdie mooi land van ons.  #JesusChristusIsHere