As kinders van God, as Christene, moet ons vrugte dra wat by ons bekering pas. Indien ons nie vrug dra nie, sal die Here van die wingerd ons takke afsny en ons sal net goed wees vir die vuur. Die Here sal simbolies van ons sê dat ons is "Loammi", 'n Hebreeuse woord wat "nie my mense nie" beteken.
Wanneer ons nie vrug dra nie, dan is ons besig om in sonde te leef. Daar staan geskrywe dat om in sonde te leef, opsetlike sonde, 'n sonde tot die dood toe is. Ons mag nie eens vir een wat besig is met opsetlike sonde, bid nie.
So laat ons ag slaan op ons Here Jesus se woorde en in Hom bly, en ons sal veel vrug dra en Hy sal van ons sê, hierdie is "Ammi", "die Here s'n". Halleluyah! :)♥
Goeie dag kosbare mensies. God seën julle dag. Ek was vandag baie geseënd toe ek hierdie Skrifverse lees. Ek versorg my swakke moeder en kyk wat sê dié vers, dat die Here jou sal genees as jy wat omsien na 'n swakke, self siek raak. Hy het juis dit vir my gedoen toe ek tydjie terug griepsimptome begin toon het. My hele lyf was seer en ek het geweet hier kom die griep en ek het my krag so nodig om na my moeder om te sien. Griep trek my sommer vir 'n hele week plat en tas my hart aan, wel ek het dit gewoonlik erg. Toe roep ek uit na God en vra Hy moet my help en die griep wegvat van my en sowaar Hy hét! Die lyfseer het weggegaan en die ander simptome het nie eens kans gehad om pos te vat nie. God is GETROU aan Sy woord! Julle moet net vra en GLO.😊🕊️ Ek bid vir my moeder, maar God het haar nog nie genees nie, maar ek vra elke dag krag vir haar en krag vir my en Hy is getrou! Ek bekommer nie oor die dag van môre nie, want môre het genoeg van sy eie probleme en my God is alreeds daar!😊❤️🕊️ Mag julle bemoedig wees deur die verse. Baie liefde in Jesus.❤️🌹
Baie weier om na Christus te kom en om Sy genade en vergifnis te soek, sodat hulle kan lewe. God se wraak sal oor hulle uitgestort word. Laat ons nie van die wêreld 'n afgod maak nie, want die wêreld kan ons nie beskerm nie. Slegs Jesus kan. Geseënde dag vir jou in die Here. Hy is met jou, Hy alleen beskerm jou, nie jou wapens nie. Vertrou slegs in die Naam van die Here jou God! #Jesus
Wow! Kyk hoe praat God in antwoord op gebed.
Ek het vandag gebid
oor verskeie dinge en ook gelei gevoel om te bid vir ons
regeringsleiers, dat God hulle harte sal verander en hulle tot bekering
sal lei, hulle sal red. Dat hulle ons land sal regeer volgens Sy Woord,
Sy wil en dat baie in hierdie land na Christus sal draai.
(Baie in ons regering is korrup, in rebellie teenoor God, ons heersers hou van oneerlikheid.)
Die volgende is wat God vir my sê deur Sy woord (Psalm 47:10) en deur
'n kommentaar van John Gill (ek hou baie van sy kommentare op
Skrifverse):
Die edeles van die volke het vergader — ’n volk van
die God van Abraham; want aan God behoort die skilde van die aarde. Hoog
verhewe is Hy! ~Psalm 47:10
Die skilde van die aarde is die
heersers van die aarde, en hulle is veronderstel om 'n skild, 'n
beskerming vir ons te wees. Die Here stel hulle aan en sit hulle af
soos Hy wil, en hulle harte is in Sy hande en Hy kan hulle bekeer
wanneer dit Hom behaag en hulle bymekaarmaak in Sy Seun en Sy kerk.
Ons veiligheid en beskerming is van die Here wat Koning is oor die hele aarde.
Christus het alle mag in die hemel en op aarde en word hoog verhef aan
die regterhand van God, en engele, owerhede en magte is onderhewig aan
Hom.
Ek sal aanhou bid vir ons regeringsleiers, want hulle is in
God se hande en Hy is die Pottebakker wat uit dieselfde klomp klei die
een 'n voorwerp tot eer en die ander tot oneer maak.
Dankie Here dat U in beheer is en dat U wil op aarde gedoen word net soos in die hemel. Amen.
Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die
een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? ~Romeine 9:21
Maar in ’n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer
nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot
oneer. ~2 Timotheus 2:20
Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God mag wees en nie uit ons nie. ~2 Korinthiërs 4:7
sodat julle geloof nie in wysheid van mense sou bestaan nie, maar in die krag van God. ~1 Korinthiërs 2:5
in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter- en linkerhand; ~2 Korinthiërs 6:7
😊Mag julle 'n baie Geseënde Kersfees hê terwyl ons ons verheug in God se Geskenk aan die mensdom, Sy eniggebore Seun Jesus Christus, wie se geboorte baie blydskap vir die wêreld gebring het. 'n Geskenk wat vir ons verlossing deur genade tot geloof gebring het. Watter liefde is dit? Onverdiende liefde, onverdiende genade. Dankie Vader vir U heilige Seun Jesus. Dankie Vader vir U vreugde & vrede in ons harte. Ons het U lief Here ons God!👐💕🕊️🥁🔔📯
Wie my liggaam eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom
op die laaste dag uit die dood laat opstaan.
My liggaam is die ware voedsel, en my bloed is die ware drank.
*🔥Wie my liggaam eet en my bloed drink, bly in My en Ek in hom.🔥 ~~~~~~ Toe hulle dit hoor, het baie van Jesus se dissipels gesê: “Wat Hy nou
sê, is darem te erg. Wie kan daaraan gehoor gee?”
Jesus het vanself geweet dat sy dissipels hieroor mor, en Hy sê vir
hulle: “Skrik dit julle af?
Wat dan nog as julle die Seun van die mens sien opvaar na waar Hy
voorheen was?
🔥Dit is die Gees wat iemand lewend maak; die mens self kan dit nie doen
nie. Wat Ek vir julle gesê het, kom van die Gees en gee lewe.🔥
Maar daar is party van julle wat nie in My glo nie.” Jesus het immers
van die begin af geweet wie dit is wat nie glo nie, en wie dit is wat
Hom sou verraai.
Verder het Hy gesê: “Daarom het Ek vir julle gesê niemand kan na My toe
kom as die Vader dit nie aan hom gegee het nie.”
Hieroor het baie van sy dissipels omgedraai huis toe en nie meer saam
met Hom gegaan nie.
JOHANNES 6:54-56,60-66 (AFR83)
~~~~~~ *Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
JOHANNES 15:4
John Gill se kommentaar aangaande Johannes 15:4:
(Vertaal deur my.)
Bly in My
'n Vermaning om voort te gaan in die uitoefening van geloof en liefde op Christus, wat aan Hom vashou, met die volle doel van die hart aan Hom te kleef en die lewe, genade, krag en voeding van Hom te ontvang.
En Ek in julle
'n Belofte wat bemoedig tot die vorige punt, om te bly in Hom, want soos Christus in die harte van sy mense gevorm word, gaan Hy daar voort as die lewende beginsel van alle genade.
'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.
Wat die noodsaaklikheid sterk beklemtoon om te bly in Christus deur vars, herhaalde dade van geloof: en dit is maklik om te sien, dat wanneer gelowiges van Christus afdwaal, alhoewel dit maar gedeeltelik en vir 'n tyd is, want hulle kan nie finaal en geheel en al van Hom afdwaal nie, in wat 'n arm, verdorde, vrugtelose toestand hulle is, beide in hulle postuur/houding [frame] en pligte.
~~~~~
Daar in Johannes 6:63 bevestig Jesus dat wat Hy vir hulle gesê het in v.56 "Wie My liggaam eet en My bloed drink, bly in My en Ek in hom.", van die Gees is, geestelik, nie letterlik soos die katolieke glo nie.
Dankie Here dat U my so leer uit U woord. Nou kan ek vir die katolieke verwys na Johannes 6:63 aangaande hulle verkeerde interpretasie van v.56.
En dit klink vir my of John Gill glo in "once saved, always saved" en baie sê dit is verkeerd en ek was ook baie teen dit, maar as jy daaraan dink, Here Jesus sê selfs vir die lou kerk in Openbaring om te bekeer. Jesus gee hulle kans om terug te keer na hulle eerste liefde, na Hom, want hulle het Hom verlaat, afgedwaal van Hom.
Ek het al van baie Christene gelees wat afgedwaal het van die Here (backsliders), maar die Here het hulle weer met ope arms ontvang en nou is hulle terug by hulle eerste liefde, Jesus!
Ons God is so liefdevol, so vol genade én baie geduldig met ons.
Iemand sal verwys na Hebreërs 6:4-6....
Wanneer mense een keer deur God verlig is, die hemelse gawe ontvang en deel gekry het aan die Heilige Gees, die goeie woord van God leer ken het en die kragte van die toekomstige wêreld ondervind het en
dan nogtans afvallig geword het, is dit onmoontlik om hulle weer tot
bekering te bring. In hulleself kruisig hulle immers weer die Seun van
God en maak hulle Hom in die openbaar tot 'n bespotting.
....Maar dit praat nie van 'n Christen wat lou is, wat afgedwaal het nie, want 'n Christen wat lou is, glo nog steeds en bely nog steeds met die mond dat Jesus Here is, maar dit praat van 'n Christen wat in al die krag van die Heilige Gees geloop het, gered is ja, maar wat dan totaal afvallig word en wegval van Jesus deur Hom te ontken as Here en God, as die Woord wat vlees kom word het.
Verse tot bemoediging:
Kom terug, kinders wat afgedwaal het,
Ek wil 'n einde maak aan julle afdwaling.
Jeremia 3:22
Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie.
Niemand sal hulle uit my hand ruk nie.
Dié wat my Vader vir My gegee het, is die belangrikste van almal,
en niemand kan hulle uit die hand van die Vader ruk nie.
Ek en die Vader is een.”
Johannes 10:28-30
Return, Oh Backslider ~ Walter Hawkins & The Love Center Choir
We've changed
We no longer seek, my God's face
We changed
We think we're saved by works and not by faith
The purest saints of God
We no longer seek, and our testimonies as Christians
They get so tired and so weak
We’ve changed
We’ve no desire to fast or to pray anymore
We’ve changed
We attend the church, but it seems such a bore
We have a form of Godliness
Church we’ve lost all of our power
How can we stand in these old last and evil day
How can we face the final hour
Return, oh backslider…
Return and He’ll revive us
He’ll restore you
Back to your place in God
Again…
Again…
He will come and bring you life
More abundantly if you only return
Unto Him…
We… we have changed
The joy that once was our strength is all gone
Church we’ve changed
We feel we can do anything whether right or whether wrong
But my Bible tells me there…will be
There’s going to be a great falling away
I came to tell you, you don’t have to be in that number
Return to Christ today
Return, oh backslider…
Return and He’ll revive us
He’ll restore you…
Back to your place in God
Again…
Again…
He will come… and bring you life
More abundantly…only return
Ek sien hoe maak ons land se mense staat op hulle leiers en raadgewers in plaas van op die Here. Dan moet ons die gevolge dra. Soms sit die Here ons deur 'n smeltkroes. Hy dwing ons op ons knieë, om uit te roep na Hom, want wanneer geen mens kan help nie en jy het alle hoop verloor, dan is God jou laaste uitweg, veral as jy Hom nie ken nie.
Wanneer ons van alles gestroop word waarop ons hoop gebou is, die aardse dinge wat vir ons net valse sekerheid gee, dan maak God 'n nuwe begin met ons.
Eers deur die smeltkroes, maar dan verlos die Here ons weer. Eers dan besef ons, ons afhanklikheid van Hom.
Vir ons wat Sy kinders is, is daar altyd hoop, maak nie saak hoe donker omstandighede lyk nie. Ons weet waar ons hulp vandaan kom en ons hardloop eerste na ons Hemelse Vader in gebed. Sit jou vertroue in die Here alleen, want jou hulp kom van Hom wat hemel en aarde geskape het. Sy Naam is Jesus.