Sondag, Mei 04, 2025

Opstanding

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Opstanding
(Die bymekaarmaak van
  God se uitverkorenes)

Die opstanding is met Christus se wederkoms. Jesus kom terug met die heiliges wat in Hom gesterf het.
Dit is hoe ek die Wederkoms van Christus verstaan, die opstanding van Sy mense en die engele wat hulle bymekaarmaak.
Wanneer ons sterf, keer die liggaam terug na die stof en die gees keer terug na God wat dit gegee het.
Dan is diegene wat in Christus Jesus gesterf het, se geeste in die hemel by die Here en dit is hulle geeste wat saam met Hom sal terugkeer met Sy wederkoms en DAN gebeur die opstanding uit die dood (wanneer hulle geeste beklee sal word met 'n nuwe liggaam en dit sal 'n verheerlikte onsterflike liggaam wees, soos Jesus se liggaam) en DAN sal daardie heiliges wat nog op aarde leef, verander word. Halleluja! Alle eer aan ons Grote God! Niks is vir Hom onmoontlik nie.

♡🩷♡
Prediker 12:7 NLV
Dan sal die stof teruggaan na die aarde toe soos dit was en die gees terugkeer na God wat dit gegee het.

Matteus 24:21-22, 29-31
21 Dit sal ’n tyd van groot verdrukking wees, erger as enigiets wat die wêreld ooit tevore beleef het of hierna sal beleef.
22 Om die waarheid te sê, as God nie ingryp en daardie tyd van swaarkry verkort nie, sal niemand dit oorleef nie. Maar ter wille van sy uitverkore mense sal dit wel verkort word.”
29 “Onmiddellik na hierdie tyd van swaarkry

‘sal die son donker word, en die maan nie meer lig gee nie.
Die sterre sal van die hemel val en die kragte wat die hemelruim saambind, sal geskud word.’

30 “Dan uiteindelik sal daar ’n teken teen die hemel verskyn om aan te dui dat Ek, die Seun van die Mens, aan die kom is. Daarop sal al die nasies van die aarde geskok en ontsteld wees. Hulle sal My, die Seun van die Mens, met krag en groot heerlikheid op die wolke van die hemel sien kom.
31 Ek sal my engele met die magtige klank van ’n basuin uitstuur en hulle sal my uitverkorenes uit al vier windstreke bymekaarmaak, ja, selfs vanaf die verste uithoeke van die wêreld.”

🩷1 Tessalonisense 4:13-18
13 Broers en susters, ons wil nie hê dat julle in onkunde sal verkeer oor die dooies nie. Dan sal julle nie soos die ander mense treur sonder ’n toekomsvooruitsig nie.
14 Want aangesien ons glo dat Jesus gesterf én opgestaan het, moet ons ook glo dat God die dooies wat in Jesus geglo het, saam met 🩷👑Jesus sal terugbring.☁️⛅☁️
15❗🩷Wat ons nou vir julle gaan sê, is ’n uitspraak van die Here: Ons wat bly lewe tot wanneer die Here terugkeer, het glad nie ’n voorsprong bo dié wat dan al gesterf het nie.
16 Wat eerste gaan gebeur, is dat die Here self uit die hemel sal neerdaal en dat die dooies wat aan Christus behoort, sal opstaan. Dit sal gebeur wanneer die hoofengel ’n bevel gee en God se trompet weerklink.
17 🩷Daarna sal ons wat bly lewe het, saam met hulle op wolke die lug in weggevoer word om die Here te ontmoet en vir altyd by Hom te wees.
18 🩷Troos mekaar dan met hierdie woorde.

Filippense 3:21
21 Hy sal ons vernederde liggame verander in liggame met goddelike heerlikheid, soos sy eie. Hiervoor sal Hy dieselfde krag gebruik as dié waarmee Hy alle dinge onder sy gesag bring.

1 Korinthiërs 15:50-58
50 Wat ek wil sê, broers en susters, is dat ’n gewone mens van vleis en bloed nie net so aan die koninkryk van God kan deel kry nie. Wat verganklik is, kan nie deel kry aan wat onverganklik is nie.
51 Ek wil aan julle ’n diep waarheid vertel wat God aan ons bekendgemaak het. Dit is dat ons nie almal sal sterf nie, maar ons almal sal verander word.
52 Dit sal dadelik, ja, in ’n oogwink gebeur, wanneer die laaste trompet weerklink. Want as die trompet sy klank laat hoor, sal die dooies met onverganklike liggame opgewek word. En dan sal ons ook verander word.
53 Want ons verganklike aardse liggame moet in hemelse liggame omskep word wat nooit sal sterf nie.

54 Wanneer dit gebeur – wanneer ons verganklike aardse liggame in hemelse liggame omskep word wat nooit sal sterf nie – dan uiteindelik sal die Skrifwoord waar word:

“Die dood is totaal uitgewis,
 want dit is heeltemal oorwin.”
55 “O dood, waar is jou oorwinning?
 Dood, wat het van jou angel geword?”

56 Want sonde is die angel wat die dood veroorsaak. En dit is die wet wat aan die sonde sy slaankrag gee.
57 Aan God kom ons dank toe – Hy wat aan ons die oorwinning oor die sonde en die dood gee deur Jesus Christus ons Here!
58 Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd.

2 Korintiërs 5:1-8
Nuwe Liggame
1 Ons weet dat wanneer ons aardse verblyf, wat net ’n tentwoning is, afgebreek word, ons ’n permanente blyplek by God het, ’n huis wat nie met hande gebou is nie, maar wat vir altyd in die hemel bestaan.
2 In hierdie tentwoning swoeg en kreun ons, want ons verlang daarna om ons hemelse woning te betrek.
3 As ons tog maar net met klere aan, en nie kaal nie, voor God sal mag staan!
4 Terwyl ons nog in die aardse tentwoning bly, kry ons swaar en kreun ons omdat ons nie gestroop wil word van ons aardse woning nie, maar met die hemelse woning beklee wil word.
So sal wat sterflik is, verteer word deur die eintlike lewe.
5 Hy wat ons hiervoor gereedgemaak het, is God. Hy het aan ons die deposito van die Gees as waarborg gegee.

6 Ons is dus altyd vol moed omdat ons weet dat alhoewel ons nog in die liggaam woon, ons eintlike woning by die Here is;
7 want ons leef deur te glo en nie deur te sien nie.
8 Ons hou moed, maar sou liewer uit die liggaam wil verhuis om by die Here te gaan woon.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
https://music.youtube.com/watch?v=0wVoK0dFxg0
Revelation 22 - Come Lord Jesus
Project of Love

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Sondag, April 20, 2025

Oorwinning Oor die Dood

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Jesus Christus
Oorwinning Oor die Dood

Filippense 3:10-11 NLV
 
10 Op hierdie manier kan ek Christus ken en die krag beleef wat Hom laat opstaan het. Deur saam met Hom te ly kry ek deel aan sy dood
11 in die hoop dat ek die opstanding uit die dood kan beleef!

♡🩷♡
Matteus 28:6 NLV
Hy is nie hier nie, want Hy is opgewek uit die dood, presies soos Hy gesê het...

Efesiërs 1:19-20
19 Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo.
Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk
20 toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het.

Romeine 6:3-5
3 Of het julle vergeet dat ons met ons doop een geword het met Christus Jesus en so saam met Hom gesterf het?
4 Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ’n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ’n totaal nuwe lewe leef.

5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewek word tot ’n nuwe lewe.
 
2 Korintiërs 1:5
Net soos ons ’n oorvloed ontberings ter wille van Christus deurmaak, só beleef ons ook oorvloedige bemoediging deur Christus se bemiddeling.

1 Petrus 4:13
Dit moet julle liewer bly maak, want só deel julle in die lyding van Christus. Later sal julle wonderlike vreugde ervaar wanneer sy heerlikheid bekendgemaak word en julle daarin deel.

Handelinge 26:6-8
6 En nou staan ek tereg oor my hoop op die belofte aan ons vaders, ’n belofte wat deur God self gegee is.
7 Dit is juis hierdie belofte wat ons volk se twaalf stamme hoop om te verkry, wat maak dat hulle God dag en nag met volle inspanning dien. En nou is dit oor hierdie hoop, U Majesteit, dat ek deur die Jode aangekla word!
8 Waarom is dit vir u almal so onmoontlik om te glo dat God dooies opwek?

1 Korintiërs 15:23
23 Maar daar is ’n bepaalde volgorde hieraan verbonde: Christus was die eerste Een; daarna, wanneer Christus terugkom, sal al sy mense opgewek word.

Openbaring 20:5
Die oorblywende dooies het nie weer lewend geword voordat die 1 000 jaar om was nie. Dit is die eerste opstanding.

📖
Bybel

🎵 
Lied  🎵
https://music.youtube.com/watch?v=afIHyLJD_1E
Crown Him with Praise (Studio Version)
River Valley Worship
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡



In Moeilike Tye

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Die Here Red die Regverdiges
In Moeilike Tye

(Die Here het my Sondag, 13 April 2025 in Sy woord gelei na ek met Hom gepraat het oor ons politiek en radikale politieke partye, ons regstelsel en sommige instellings waar geregtigheid nie geskied nie. Ek het God gevra om ons te beskerm teen burgeroorlog of inval van buite ons landsgrense, dat hulle nie mense se plase en eiendomme net sal vat nie. Toe lees ek Psalm 37 en sekere verse trek my aandag. Ek haal die verse aan wat tot my hart gespreek het oor ons land se situasie (én die wéreld) en wat ek moet doen.)

PSALMS 37:1,2,3-20,22-24,27-40 NLV
1 Moenie jou vererg
oor boosdoeners nie.
2 Want soos gras verlep hulle gou.
Soos plante
verdroog hulle vinnig.

3 Vertrou op die Here
en doen wat goed is.
Woon in die land
en geniet veiligheid.
4 Wees bly in die Here,
en Hy sal jou hartsbegeertes
aan jou gee.

5 Vertrou jou lewe toe
aan die Here.
Vertrou Hom,
en Hy sal vir jou sorg.
6 Hy sal jou onskuld
laat deurbreek
soos die lig,
en die regverdigheid van jou saak
soos die middagson.

7 Wees stil in die Here,
en wag geduldig op Hom.
Moenie die mens beny
wat op sý manier floreer,
of jou verknies
oor sy bose planne nie.
8 Moenie kwaad word nie;
laat staan liewer jou woede.
Moenie ander beny nie;
dit lei net tot jou nadeel.
9 Want die bose mense
sal vernietig word,
maar dié
wat op die Here vertrou,
sal die land besit.
10 Binnekort sal die boosdoeners
nie meer daar wees nie;
al soek jy na hulle,
sal jy hulle nie kry nie.
11 Maar sagmoediges
sal die land besit,
hulle sal oorvloedige vrede
geniet.

12 Die goddelose sweer saam
teen die regverdiges
en kners op die tande vir hulle.
13 Maar die Here lag vir hom,
want Hy sien
sy dag van oordeel
kom al nader.

14 Die goddelose trek die swaard
en span die boog
om die armes en behoeftiges
tot ’n val te bring,
om hulle wat reg doen,
dood te maak.
15 Maar hulle swaard
sal hulle eie hart deurboor
en hulle boog
sal stukkend
gebreek word.

16 Dit is beter om vroom te wees
en min te besit
as om boos te wees
en baie besittings te hê.
17 Want die mag van die bose
sal verpletter word,
maar die Here
sal die regverdiges beskerm.

18 Die Here ken die lewensdae
van die opregtes,
en hulle erfdeel
sal vir altyd bly bestaan.
19 In slegte tye
sal hulle nie verleë wees nie;
selfs in hongersnood
sal hulle genoeg hê.
20 Maar die goddelose
sal vergaan.
Die vyande van die Here
sal wees soos mooi weivelde
wat soos rook verdwyn.

22 Hulle vir wie die Here seën,
sal die land besit,
maar hulle wat Hy vervloek,
sal uitgeroei word.

23 Die Here bepaal
die rigting van ’n mens
met wie se lewe Hy tevrede is.
24 Al sou so een struikel,
hy sal nie val nie,
want die Here hou sy hand vas.

27 Vermy die kwaad
en doen wat goed is,
dan sal jy vir altyd woon
in die land.
28 Want die Here het die reg lief,
en sal sy getroue dienaars
nie verlaat nie.
Hy sal hulle vir altyd
veilig bewaar,
maar die goddelose se kinders
sal vergaan.

29 Die regverdiges
sal die land besit
en daar vir altyd woon.
30 Die regverdige het wyse raad;
wat hy sê, is regverdig.
31 Die gebooie van sy God
is in sy hart.
Hy sal nie ’n voet
verkeerd sit nie.

32 Die goddelose
wag die regverdige in,
en wag vir die kans
om hom dood te maak.
33 Maar die Here verhoed
dat hy in hulle mag val
sodat hulle hom
skuldig kan bevind
wanneer hy voor die gereg kom.

34 Vertrou die Here
en volg sy voorskrifte.
Hy sal jou ophef
sodat jy die land sal besit
en die goddelose se uitwissing sal sien.
35 Ekself het dit sien gebeur:
Hoogmoedige en bose mense
floreer soos welige bome.
36 Maar toe ek weer kyk, was hulle weg!
Hoewel ek hulle gesoek het,
kon ek hulle nie kry nie!

37 Maar kyk na hulle
wat eerlik en opreg is,
want die toekoms van so ’n mens
is vol vrede.

38 Maar oortreders
word saam vernietig;
hulle toekoms
sal tot ’n einde kom.

39 Die Here red die regverdiges;
Hy is ’n toevlug
in moeilike tye.

40 Die Here help hulle,
en red hulle
van goddelose mense.
Hy red hulle,
want hulle skuil by Hom.


♡🩷♡

Psalm 62:8-9 NLV
8 God is my redding
en my krag;
God is my sterke rots
en my toevlug.
9 Vertrou op Hom te alle tye,
my volk,
stort jou hart uit voor Hom,
want God is ons toevlug.
                        Sela

Deuteronomium 31:6
Wees sterk en hou moed! Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal met julle wees. Hy sal julle nie in die steek laat nie en julle nie verlaat nie.”

Hebreërs 13:5
Hou julle lewe vry van die honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees. Onthou dat God die versekering gegee het:

“Ek sal jou nie los nie.
   Ek sal jou nie in die steek laat nie.”

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
https://music.youtube.com/watch?v=-oJKS0vIHqY
Forever I Will Sing / Psalm 35
Timeless Hebrew Tunes • Renewed in YAH's Love:
The Sound of Soul Restoration • 2025

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Sondag, Maart 30, 2025

Ken My

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Geen Godsdienstigheid Meer Nie
Ek Wil Hê Jy Moet My Ken

Hosea 4:6 NLV
My volk word verwoes omdat hulle My nie ken nie. Omdat jyself dié kennis verwerp het, verwerp Ek jou as my priester. Omdat jy die voorskrifte van jou God vergeet het, sal Ek jou kinders vergeet.

Johannes 17:3
En die inhoud van die ewige lewe is dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus wat U gestuur het.

Matteus 7:22-23
22 Baie sal vir My op die oordeelsdag sê: ‘Here, Here, ons het dan in u Naam gepreek en in u Naam bose geeste uitgedryf en in u Naam baie wonders verrig!’
23 Dan sal Ek hulle antwoord: ‘Julle was nog nooit werklik mý mense nie. Gaan weg van My af! Julle het nie gedoen wat voor God reg is nie.’”


Handelinge 15:29
dat julle julle moet weerhou van alles wat aan afgode geoffer is, en van bloed, van diere wat verwurg is, en van seksuele sondes. As julle julle van hierdie dinge weerhou, doen julle goed.

Openbaring 2:5
Dink terug aan hoe ver jy uitgesak het en kom tot inkeer, en doen weer wat jy aan die heel begin gedoen het. Anders kom Ek na jou toe en sal Ek jou kandelaar van sy staanplek af verwyder, as jy nie tot inkeer kom nie.

Openbaring 2:21-23
21 Ek het haar ’n bepaalde tyd gegun om tot inkeer te kom, maar sy weier om haar te bekeer van haar seksuele sondes.
22 Kyk, Ek pen haar op ’n siekbed vas, en die mense wat saam met haar aan seksuele wanpraktyke deelneem, gee Ek oor aan hewige swaarkry as hulle hulle nie van haar praktyke bekeer nie.
23 Ek sal haar kinders doodmaak en al die gemeentes sal kennis neem dat dit Ek is wat gedagtes en bedoelings deursoek. Ek sal ook aan julle elkeen gee wat julle volgens julle handel en wandel verdien.


♡🩷♡
Openbaring 1:6 NLV
[Jesus Christus] en ons laat deel in sy koninklike regering,
aan Hom wat ons priesters vir God,
sy Vader, gemaak het,
aan Hom behoort die heerlikheid en die krag
vir ewig en altyd. Amen.


Jeremia 9:23-24
23 Die Here sê:
“Mense met insig moenie spog met hulle kennis nie.
Sterk mense moenie grootpraat oor hulle krag nie.
Ryk mense moenie roem in hulle rykdom nie.
24 Laat hulle wat wil grootpraat,
spog dat hulle My ken, en begryp dat Ek die Here is wat reg en regverdig is,
wie se liefde onfeilbaar is, en dat dit ook die dinge is wat My bly maak.
Ek, die Here, het dit gesê!”


1 Tessalonisense 1:9
want die mense praat self oor hoe positief julle ons ontvang het en hoe julle van die afgode af weggedraai het na God toe om die lewende en ware God te dien,

2 Timothy 2:19
Maar God se waarheid staan vas soos ’n fondamentsteen met die volgende inskripsie: “Die Here ken dié wat aan Hom behoort,” en: “Dié wat beweer dat hulle aan die Here behoort, moet wegdraai van alle boosheid.”

Psalm 5:6
Verwaandes kan nie voor U kom nie;
U haat almal wat kwaad bewerk.


Psalm 6:9
Gaan weg,
al julle kwaaddoeners,
want die Here
het na my hulpgeroep geluister.


Lukas 13:27
En Hy sal antwoord: ‘Ek sê vir julle, Ek weet nie waar julle vandaan kom nie. Gaan weg, julle almal wat kwaad doen.’

📖 Bybel

🎵  Lied 1  🎵

Hosea 4 & 6 ││ I Want You To Know Me ││
Bible In Song ││ Project Of Love

🎵  Lied 2  🎵
KNOWN BY YOU ││ A Bond That Cannot Break ││
English-Hebrew Messianic Worship Song ││ Timeless Hebrew Tunes

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡




Donderdag, Maart 06, 2025

Saam met Christus Lewend Gemaak

 

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Saam met Christus Lewend Gemaak

EFESIËRS 2:1-10 NLV
¹ As gevolg van julle verkeerde lewe en sondes was ook julle geestelik dood.
² Julle leefstyl destyds is bepaal deur hierdie bose wêreld, ja, deur die regeerder van die mag wat in die lug is. Dit is die gees wat nou nog werk in almal wat aan God ongehoorsaam is.
³ Ons almal het vroeër so gelewe. Ons gedrag is bepaal deur ons sondige begeertes. Elke sondige wens wat in ons gedagtes opgekom het, het ons sommer net gedoen. Soos die ander mense was ons vanselfsprekend vir God se straf bestem.
Maar God se ontferming is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefgehad het, was so groot
dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het. Dis dus God se genade wat maak dat julle verlos is!
⁶ Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ’n sitplek in die hemel gegee.
⁷ So sal God ook in die tye wat kom, bewys dat Hy heeltemal oorloop van genade. Die goedheid wat God ons deur Christus Jesus gegee het, sal as bewys dien.
⁸ Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God.
⁹ Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie,
¹⁰ want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Dinsdag, Februarie 11, 2025

God Sal Julle Ondersteun

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
-----------Oooo----God het gesê:
-----------(----)---"Ek sal julle ondersteun
------------)--/-----Ek sal jou nie los nie.
---oooO-(_/---Ek sal jou nie in die steek laat nie.
---(---)-------Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg.
----\--(------Ek sal julle God wees deur julle hele lewe."
-----\_)------♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Hebreërs 13:5 NLV
5 Hou julle lewe vry van die honger na geld. Laat wat julle het, vir julle genoeg wees.
Onthou dat God die versekering gegee het:

“Ek sal jou nie los nie.
    Ek sal jou nie in die steek laat nie.”

Deuteronomium 31:6
"Wees sterk en hou moed! Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal met julle wees. Hy sal julle nie in die steek laat nie en julle nie verlaat nie.”

Deuteronomium 31:8
Moenie bang of mismoedig wees nie, want die Here is die Een wat voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie.”

Jesaja 46:3-4
3 “Luister na My, nageslag van Jakob,
oorblyfsel uit die nageslag van Israel.
Ek het voor geboorte vir julle gesorg
en julle kleintyd vasgehou.
4 Ek sal julle God wees deur julle hele lewe.
Tot julle stokoud is, sal Ek julle dra.
Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg.
Ek sal julle ondersteun en julle red.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
Ellie Holcomb • I Will Carry You
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Sondag, Januarie 19, 2025

Kies Om Vriendelik Te Wees

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Kies Om Vriendelik Te Wees,
Selfs Wanneer die Lewe Moeilik is

Efesiërs 4:32 NLV
Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.

♡🩷♡
Kolossense 3:12
Julle is die mense wat God uitgekies het wat Hy geheilig het en wat Hy liefhet. Daarom moet julle die volgende soos klere aantrek: liefdevolle deernis, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld.

Spreuke 31:26
Sy praat met wysheid,
sy gee raad saam met liefde.

1 Korintiërs 13:4-7
4 Die liefde is geduldig en vriendelik,
die liefde is nie jaloers nie,
die liefde blaas nie sy eie beuel nie,
is nie vol van homself nie.
5 Dit tree nie onwaardig op nie,
stel nie sy eie belange voorop nie,
is nie kort van draad nie,
hou nie boek van die kwaad
wat hom aangedoen word nie.
6 Dit treur oor die onreg
wat plaasvind
,
en juig as die waarheid seëvier.
7 Die liefde bly stil oor ander se foute,
dit bly steeds vertrou,
dit hou aan met hoop,
dit verduur alles.

1 Petrus 3:9
Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terugbeledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet ’n seënwens wees. Dít is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal seën.

♡🩷♡

Wanneer Die Lewe Moeilik Is

Psalms 13
2 Hoe lank sal U my bly vergeet, Here?
Vir altyd?
Hoe lank nog sal U anderpad kyk?
3 Hoe lank moet ek alleen planne maak,
elke dag deurbring met droefheid in my hart?

Hoe lank sal my vyand die oorhand hê?
4 Kyk tog en antwoord my, Here my God!
Verlig tog weer my oë dat ek nie die doodslaap ingaan nie,
5 anders sê my vyand: “Ek het hom oorwin!”
en is my teenstander bly oor my ondergang.
6 Maar ek maak self staat op u troue liefde.

Ek wil juig omdat U my gered het.
Ek wil sing tot eer van die Here omdat Hy vir my goed was.

Johannes 16:33
Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”

Openbaring 21:4
Hy sal elke traan van hulle oë afvee en die dood sal glad nie meer bestaan nie. Ook hartseer of smartkrete of pyn sal glad nie meer bestaan nie. Die ou dinge het verbygegaan.”

Psalm 56:8
U het my ellende raakgesien.
U het my trane opgevang.
U het dit opgeskryf in u boek.


📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
Held (Official Music Video) - Megan Tibbits & Hillside Recording
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡