11 Junie 2019

Bemoediging van Jesus


JESUS MOEDIG ONS AAN:

  • OM ALTYD TE BID
  • OM NOOIT MOEDELOOS TE WORD NIE
Shalom, geliefdes van God.🤗♥️ Mag God ons hemelse Vader jou seën en mag die woorde van ons Here Jesus jou aanmoedig om altyd te bid en nooit moedeloos te word nie. Hou aan om te bid, moet nooit ophou nie, selfs al lyk dit of God sy tyd neem om ons gebede te beantwoord. God sal ons gebede beantwoord, omdat Hy getrou is en Hy ons liefhet. God is selfs lankmoedig teenoor ons vyande soos ons ook behoort te wees. Halleluyah! Asseblief, Here help ons om meer soos U te wees en om selfs met ons vyande lankmoedig te wees. Alle eer aan ons God vir Sy liefde en om so geduldig te wees met almal en dat Hy vir ons omgee, dat Hy ons aanmoedig en altyd hoop gee! Dankie Vader. Ons het U lief Here.♥Amen.

'EN Hy het ook aan hulle 'n gelykenis vertel met die oog daarop dat 'n mens GEDURIG MOET BID en NIE MOEDELOOS WORD NIE, en gesê:
Daar was 'n regter in 'n stad wat God nie gevrees en geen mens ontsien het nie.
En daar was in daardie stad 'n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.
En 'n tyd lank wou hy nie; maar daarna het hy by homself gesê: Al vrees ek God ook nie en al ontsien ek geen mens nie, tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.
Toe sê die Here: Hoor wat die onregverdige regter sê.
Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?
Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?'
LUKAS 18:1-8

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking