Sondag, April 05, 2026

Jesus die Messias

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Verkondig die Goeie Nuus
Aan Al die Nasies
Jesus die Messias
Gely, Gesterf & 
Opgestaan Uit die Dood 
Op die Derde Dag
Verkondig Bekering tot 
Vergifnis van Sondes 

LUKAS 24:46-48 NLV
⁴⁶Daarop het Hy gesê: “Só staan dit opgeteken: ‘Die Messias moet ly en op die derde dag opstaan uit die dood.’ 
⁴⁷-⁴⁸ En op grond van sy Naam moet bekering tot vergifnis van sondes aan al die nasies verkondig word. Julle moet by Jerusalem begin en van hierdie dinge getuig.

Profesie oor Jesus die Messias
Deur Koning Dawid

PSALMS 22:2-32 NLV
² My God, my God! Waarom het U my verlaat? Waarom bly U so ver wanneer ek roep om hulp, so ver wanneer ek tot U sug? 
³ Elke dag roep ek na U, my God, maar U antwoord nie; ook elke nag roep ek, maar daar is geen rus vir my nie. 
⁴ Tog is U die Heilige wat woon waar Israel U prys. 
⁵ Ons voorouers het op U vertrou, hulle het U vertrou, en U het hulle gered. 
⁶ Tot U het hulle geroep, en hulle is verlos. Hulle het op U vertrou, en was nooit verleë nie. 
⁷ Maar ek is net ’n wurm, en nie ’n man nie; ek word bespot deur die mensdom, verag deur almal om my. 
⁸ Elkeen wat my sien, spot met my. Hulle trek vir my gesigte, skud die kop en sê: 
⁹ “Vertrou op die Here; laat Hý hom dan red! Laat die Here hom verlos as Hy hom dan so liefhet!” 
¹⁰ Maar U het my die lewenslig laat sien, my as suigeling op U laat vertrou. 
¹¹ Vanaf geboorte is ek van U afhanklik. Vanaf die begin van my lewe was U my God. 
¹² Moenie ver van my af bly nie, want ellende kom en daar is geen helper nie. 
¹³ Soos ’n trop bulle omsingel my vyande my; wilde beeste van Basan het my omring! 
¹⁴ Soos brullende leeus wat uitmekaar wil skeur, met oopgesperde bekke storm hulle op my af. 
¹⁵ My lewe is uitgestort soos water, al my bene val uitmekaar. My hart is soos was wat in my wegsmelt. 
¹⁶ My krag het opgedroog soos ’n potskerf. My tong kleef aan my verhemelte. U laat my vir dood in die stof lê. 
¹⁷ Soos ’n trop honde sirkel hulle om my; ’n kwaadwillige bende sak op my toe. My hande en voete is vasgemaak. 
¹⁸ Ek kan al my bene in my tel. Met leedvermaak gluur my vyande my aan. 
¹⁹ Hulle verdeel my klere onder mekaar en deur die lot te werp deel hulle my kledingstukke. 
²⁰  Here, bly nie ver van my af nie! U is my sterkte; help my tog gou! 
²¹ Red my van die swaard, red my kosbare lewe uit die mag van hierdie honde. 
²² Red my uit die bek van die leeu, van die horings van wilde beeste. U het my gebed verhoor! 
²³ Aan my broers maak ek u Naam bekend. In die vergadering verkondig ek u lof. 
²⁴ Prys die Here, julle almal wat Hom dien! Verheerlik Hom, nakomelinge van Jakob! Betoon eerbied aan Hom, nageslag van Israel! 
²⁵ Want die leed van hulle in nood ignoreer Hy nie; vir hulle maak Hy nie sy oë toe nie. Hy luister na hulle geroep om hulp. 
²⁶ Van U af kom my lofsang in die groot vergadering; voor hulle wat U dien, sal ek my geloftes nakom. 
²⁷ Dié in nood sal eet en versadig word. Almal wat die Here dien, sal Hom loof. Mag hulle harte bly wees vir altyd. 
²⁸ Die hele aarde sal die Here erken en na Hom toe terugkeer. Mense uit elke nasie sal Hom weer dien. 
²⁹ Want die koningskap behoort aan die Here! Hy heers oor al die nasies. 
³⁰ Laat die rykes van die wêreld feesvier en Hom aanbid. Laat al wat sterfling is, voor Hom buig; hulle wat sterflik is en bestem is vir die graf. 
³¹ Die nageslag sal Hom dien. Die komende geslagte sal van die Here hoor. 
³² Sy regverdige dade sal aan hulle vertel word. Dié wat nou nog ongebore is, sal van sy dade hoor.

HOSEA 6:2 NLV
Hy sal ons na twee dae laat aansterk en op die derde dag weer laat opstaan sodat ons in sy teenwoordigheid kan lewe. 

LUKAS 11:29-30 NLV
²⁹ Terwyl die skare om Jesus saamdrom, het Hy gesê: “Dit is bose tye hierdie, en hierdie bose geslag hou aan om van My ’n wonderteken te vra. Maar die enigste teken wat Ek hulle sal gee, is die teken van die profeet Jona. 
³⁰ Wat met hom gebeur het, was ’n teken vir die mense van Nineve dat God hom gestuur het. Wat met My gebeur, sal ’n teken wees dat God My, die Seun van die Mens, na hierdie mense gestuur het.

HANDELINGE 17:3 NLV
Hy het die Skrif verklaar en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dood opstaan. “Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig,” het hy gesê, “Hý is die Messias.” 

JOHANNES 20:9 NLV
Hulle het nog nie die Skrif verstaan dat Jesus uit die dood moet opstaan nie. 

♡🩷♡

DANIËL 9:24 NLV
“Tye van 70 eenhede van sewes is vasgestel vir jou volk en vir jou heilige stad om die onregverdige dade tot ’n einde te bring, die oortredings te beëindig, die sonde te versoen, geregtigheid sonder einde te bring, die visioen en die woorde van die profeet te vervul, en die Allerheiligste plek in te wy. 

HANDELINGE 5:31-32 NLV
³¹ God het Hom verhoog tot Leier en Verlosser in die regeerposisie reg langs Hom. Hy het dit gedoen om Israel tot inkeer te bring sodat hulle vergifnis van sonde kan ontvang. 
³² Óns is getuies hiervan, ons en die Heilige Gees wat God gegee het aan dié wat aan Hom gehoorsaam is.”

HANDELINGE 10:43 NLV
“Van Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergewing van sondes deur sy Naam ontvang.”

HANDELINGE 13:38-39 NLV
³⁸ “Daarom, geagte volksgenote, moet julle goed weet wat nou aan julle verkondig word: vergewing van sondes deur Jesus! Julle kon nie deur die wet van Moses God se vryspraak verkry nie, 
³⁹ maar deur Jesus word elkeen wat glo, deur God vrygespreek.

HANDELINGE 26:17-18 NLV
¹⁷ Ek sal jou teen jou volk beskerm en teen die nie-Joodse nasies na wie toe Ek jou met volle mandaat stuur. 
¹⁸ Jou bediening moet hulle oë oopmaak sodat hulle ’n lewensomkeer kan maak, weg van die duisternis na die lig, en weg van die mag van Satan na God. Deur in My te glo, ontvang hulle vergifnis van hulle sondes en word hulle deur die geloof deel van mý mense.’

♡🩷♡

PSALMS 22:28 NLV
Die hele aarde sal die Here erken en na Hom toe terugkeer. Mense uit elke nasie sal Hom weer dien.

JEREMIA 31:34 NLV
Dit sal nie vir hulle nodig wees om vir hulle bure of familie te sê: ‘Ken die Here, leef soos die Here van julle verwag,’ nie. Almal, van die geringste tot die belangrikste, sal My reeds ken,” sê die Here. “Ek sal al hulle oortredings en hulle sondes vergewe. Ek sal nooit eers weer daaraan dink nie.”

MIGA 4:2 NLV
Baie nasies sal kom en sê: “Kom laat ons opgaan na die berg van die Here, na die tempel van die God van Israel. Hy sal ons leer hoe om te lewe sodat ons aan Hom gehoorsaam kan wees.” Dan sal die gebooie uitgaan vanuit die tempel en die woord van die Here uit Jerusalem.

https://bible.com/
📖 Bybel

🎵  Lied  🎵 
King of Kings
Terrian and Eli Soares • 2026
https://music.youtube.com/watch?v=d3-MchYYKzU
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Maandag, Maart 23, 2026

Juwele van Waarheid

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Bestudeer die Woord van Waarheid 
Vind Skatte 
Juwele van Waarheid 
In Ou en Nuwe Testament 
Nuwe Genietinge Sowel as Oud
Dra die Beste Vrugte

2 TIMOTEUS 2:15 NLV
Werk hard sodat God jou kan goedkeur. Wees ’n goeie werker, een wat nie nodig het om hom te skaam nie; iemand wat die woord van die waarheid reg verduidelik. 

MATTEUS 13:52 AFR20
En Hy het vir hulle gesê: “Daarom is elke skrifkenner wat 'n leerling in die •koninkryk van die hemele geword het, soos 'n huiseienaar wat nuwe en ou dinge uit sy skatkamer haal.”

ROMEINE 12:1-2 NLV
¹ Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. 
² Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.

♡🩷♡

FILIPPENSE 1:20 NLV
Dit is my strewe en hoop dat ek nooit iets sal doen waaroor ek my sal hoef te skaam nie. Ek wil eerder, soos nog altyd, ook nou in my hele bestaan – of ek bly leef en of ek moet sterf – Christus met volle vrymoedigheid verheerlik. 

1 TIMOTEUS 4:13 NLV
Totdat ek daar opdaag, konsentreer daarop om die Skrif aan die gemeente voor te lees, die gelowiges te bemoedig en om hulle te onderrig.

2 PETRUS 1:10 NLV
Daarom, broers en susters, werk nog harder daaraan om met julle leefstyl te bewys dat God julle regtig geroep en gekies het. As julle dit doen, sal julle nooit struikel nie. 

♡🩷♡

HOOGLIED 7:13 AFR53
Die liefdesappels gee geur, en by ons deure is allerhande kostelike vrugte, vars en oud; o my beminde, dit het ek vir u weggebêre.

GALASIËRS 5:22-23 NLV
²² Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, ²³ sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie.

♡🩷♡

1 KORINTIËRS 1:10 NLV
En nou, broers en susters, pleit ek by julle in die Naam van ons Here Jesus Christus om eendragtig saam te staan – één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en in julle visie. 

2 KORINTIËRS 10:1-4 NLV
¹Ek, Paulus, vra julle baie ernstig op grond van die nederigheid en toegeeflikheid van Christus – ek, wat mos, soos gesê word, “gedwee” is teenoor julle as ek bý julle is, maar “manhaftig” wanneer ek van julle af weg is. 
² Ek vra julle mooi, moenie my verplig om, wanneer ek kom, my voorneme uit te voer om dié wat ons daarvan beskuldig dat ons volgens menslike oorwegings optree, met mening aan te vat nie. 
³ Ons leef wel in ’n menslike liggaam, maar ons voer die stryd nie met menslike middele nie. 
⁴ Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, 

FILIPPENSE 4:18 NLV
Op hierdie stadium het ek alles ontvang – en meer as genoeg! Met dit wat julle saam met Epafroditus gestuur het, het ek alles wat ek nodig het. Wat julle gestuur het, is ’n lieflike reukoffer waarvan God hou. 

MATTEUS 13:22 NLV
Daardie mense by wie tussen die dorings gesaai is, is hulle wat die boodskap hoor, maar die bekommernis van hierdie lewe en die verleidelikheid van die rykdom verstik die boodskap en dit bly sonder vrug. 

GALASIËRS 1:4 NLV
Jesus Christus het volgens God ons Vader se wil vir ons sondes gesterf om ons te bevry van die bose tyd waarin ons nou lewe. 

1 JOHANNES 2:15 NLV
Hou op om die wêreld en die dinge van die wêreld lief te hê. As iemand die wêreld liefhet, is hy beslis nie ook lief vir die Vader nie.

1 PETRUS 1:14 NLV
Wees gehoorsaam aan God, want julle is sy kinders. Moenie weer soos vroeër julle natuurlike neigings die oorhand laat kry nie. Julle het destyds nie van beter geweet nie. 

♡🩷♡
Mag die Here ons begrip en ons vertroue in Hom verdiep terwyl ons Sy woord deur Sy Gees bestudeer.

📖 Bible 

🎵  Song  🎵 
YOURS
Sondae & SIV • BOY • 2025
https://music.youtube.com/watch?v=huMZvrTf89c
 
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Sondag, Maart 22, 2026

Kom Uit!

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Kom Uit!
4 Dae Laat
Maar Steeds Betyds
Opstanding van Lasarus
Uit die Dood

JOHANNES 11:39-44 NLV
³⁹ Jesus sê toe: “Rol die klip weg.” Maar Marta, Lasarus se suster, sê vir Jesus: “Meneer, hy ruik seker reeds, want dit is die vierde dag.” 
⁴⁰ Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê dat as jy glo, jy die heerlikheid van God sal sien nie?” 
⁴¹ Daarop het hulle die klip weggerol. Jesus het sy oë hemelwaarts gerig en gesê: “Vader, Ek is dankbaar teenoor U dat U na My geluister het. 
⁴² Ek weet dat U altyd na My luister; tog het Ek dit gesê ter wille van die skare wat hier rondom ons staan, dat hulle kan glo dat U My gestuur het.” 

⁴³ Nadat Hy dit gesê het, het Hy met ’n kragtige stem uitgeroep: 
“Lasarus, kom uit!”
 

⁴⁴ Die dooie het uitgekom, sy voete en hande nog toegedraai in doeke en sy gesig nog verbind met ’n kopdoek. Jesus sê vir hulle: “Maak die doeke los en laat hom gaan.”

♡🩷♡
In Johannes 11:43 roep Jesus vir Lasarus wat vier dae lank dood was, uit die graf uit nadat hy tot God gebid het.
Lasarus het uit die graf te voorskyn gekom, steeds in grafdoeke toegedraai.
'n Demonstrasie van Jesus se gesag oor die dood aan diegene wat die wonderwerk aanskou, sodat hulle moet glo dat die Vader Hom gestuur het.

Hierdie wonderwerk het baie mense in Jesus laat glo.

📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
Four Days Late
Juanita du Plessis
https://music.youtube.com/watch?v=tBwhmqRVG48 

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Vrydag, Maart 20, 2026

Vrygemaak van Vrees

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Vrygemaak van Vrees

JOHANNES 20:17 NLV
"Jesus sê toe vir haar: “Moenie aan My raak nie, want Ek het nog nie na die Vader opgevaar nie. Gaan na my broers en vertel vir hulle: Ek vaar op na my Vader toe, wat ook julle Vader is, na my God toe, wat ook julle God is.’” 

"Maria Magdalena se ergste vrese is met die dood van Jesus verwesenlik. Dit is geen wonder dat sy aan Hom vasgeklou het die oomblik toe sy besef het dat die "tuinier" werklik haar Verlosser was nie. Die vrees om Jesus weer te verloor, het Maria blykbaar gemotiveer om Jesus vas te gryp en nie los te laat nie.

Oorweeg Jesaja 41:10: “Moenie bang wees nie, want Ek is by jou . . .”

Die verheerlikte Jesus word deur die Gees geken. Jesus het opgestaan ​​om ons van die mag van vrees te bevry! Ons hoef nie te vrees wanneer ons die Heilige Gees van God het nie." *

Jesus het opgestaan ​​om ons te bevry van die mag van vrees!


Skrifgedeeltes vir Vryheid van Vrees

God se Teenwoordigheid is Met Ons
JESAJA 41:10 NLV
Moenie bang wees nie, want Ek is by jou. Moenie ontsteld word nie, want Ek is jou God. Ek maak jou sterk en wil jou help. Ek laat jou oorwin met my regterhand wat mense red.

DEUTERONOMIUM 31:6 NLV
Wees sterk en hou moed! Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal met julle wees. Hy sal julle nie in die steek laat nie en julle nie verlaat nie.”

♡🩷♡

God is ons Beskermer
PSALMS 46:2 NLV
God is ons toevlug en ons krag; in nood is Hy gereed om te help.

PSALMS 118:6 NLV
Die Here is by my, ek sal nie bang wees nie. Wat kan ’n mens aan my doen?

♡🩷♡

Soek Hom en Word van Alle Vrese Verlos
PSALMS 34:5 NLV
Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord, Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is.

2 TIMOTEUS 1:7 NLV
Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. 

♡🩷♡

Geen Vrees In Liefde 
1 JOHANNES 4:18 NLV
Volmaakte liefde het nie plek vir vrees nie; volmaakte liefde dryf die vrees uit omdat vrees nog met straf behep is, en wie aanhou vrees, het nog nie dié volmaakte liefde bemeester nie.

Bid vir Vrede
FILIPPENSE 4:6-7 NLV
⁶ Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. 
⁷En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.

Vervang Vrees met Geloof
PSALMS 56:4 NLV
Die dag wanneer ek bang word, sal ek net op U vertrou.

Werk Vrees Teë
JOSUA 1:9 NLV
My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees. Moenie bang of huiwerig wees nie. Die Here jou God is saam met jou oral waar jy gaan.”

"Om te laat los waarmee ons vertroud geraak het en oor te gaan na wat God vir ons in 'n nuwe seisoen het, kan skrikwekkend wees. Laat ons onthou dat "vrees nie" en "wees nie bevrees nie" sowat 365 keer in die Skrif verskyn. Dink aan Jesaja 41:10: "Moenie bang wees nie, want Ek is by jou..." Jesus het opgestaan ​​om ons te bevry van die mag van vrees!"
Bid:
Here Jesus, ek gee vandag my vrese aan U oor en vra U om my te vul met U vrede, en om my deur U Gees te lei tot groter vertroue en hoop. Amen." *
  **Youversion Reading Plan:
  Transformed By The Messiah
  Day 3: Saying Farewell to Fear
  ©HarperCollins Christian Publishing  (Zondervan & Thomas Nelson       (Vertaal/Translated)

📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
Perfectly
Micah Tyler
https://music.youtube.com/watch?v=E9sKENqGOwo
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Donderdag, Maart 19, 2026

Die Derde Dag

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Jesus Christus
Opgestaan
Op die Derde Dag

MATTEUS 12:40 NLV
“Net soos Jona vir drie dae en nagte in die maag van ’n groot vis was, so sal Ek, die Seun van die Mens, vir drie dae en nagte in die binneste van die aarde wees."

HOSEA 6:1-2 NLV
¹“Kom, laat ons teruggaan na die Here toe! Hy het ons verskeur; Hy sal ons weer genees. Hy het ons geslaan; Hy sal ons wonde weer verbind. 
² Hy sal ons na twee dae laat aansterk en op die derde dag weer laat opstaan sodat ons in sy teenwoordigheid kan lewe. 

Die Drie Dae Verduidelik: 
Youversion Leesplan: 
'Transformed by the Messiah' 
Day 2: Risen on the Third Day
"Hoe was die Messias drie dae en drie nagte in die graf as Hy op 'n Vrydagmiddag begrawe is en op 'n Sondagoggend opgestaan ​​het?"
"Dis 'n goeie vraag wat beantwoord word deur 'n paar tegniese aspekte van die Joodse wet te verstaan.
Die sewe dae lange shiva-rouperiode begin op die middag van die eerste dag waarop die oorledene begrawe word. Dus, selfs al word hulle net voor sonsondergang begrawe, tel dit as dag een (al is dit nie 'n volle vier-en-twintig uur periode nie).
Volgens Joodse wet kan 'n mens ophou rou en sekere aspekte van die "normale lewe" hervat na oggendgebede op die derde dag van shiva (weer eens, nie 'n volle vier-en-twintig uur nie).
Jesus se begrafnis op Vrydag was dag een. En ons weet Hy was Saterdag die hele dag (dag twee) in die graf. Op die derde dag, na oggendgebede, sou die dissipels terugkeer na 'n meer gereelde lewe, aangesien shiva die rouperiode op die derde dag beëindig. Jesus het daardie oggend opgestaan.
So volgens die Joodse begrip van "sittende shiva" en die ander avelut (wette) van rou, het tegnies drie dae verloop, en Jesus het die profesie vervul om "drie dae en drie nagte in die hart van die aarde" te wees" (Matt. 12:40).
Die getal drie het geweldige betekenis in die Bybel en in die lewe van Jesus.  Dit word geassosieer met verlossing, wat terugdateer so vroeg as die uittog.  Daar is drie besprinkelings van die bloed van die Pasga-lam aan die bokant en die twee kante van die deurposte van die Israeliete se huise gesprinkel.  Ook staan ​​die derde van die vier bekers in 'n Pasga Seder bekend as die Beker van Verlossing. Dit is geen toeval dat Hy hierdie derde beker opgelig het om die Nagmaal in te huldig nie.  Hy het drie keer gebid toe Hy gearresteer is. Hy is op die derde uur aan die kruis vasgespyker. Hy het op die negende uur gesterf, wat drie-uur die middag is. En natuurlik is die Here op die derde dag opgewek.  
Jesus is op die derde dag opgewek om hierdie belofte te vervul en genesing en herstel te bring, sodat ons vir ewig in God se teenwoordigheid in die Messiaanse koninkryk kan lewe."
Gebed: 
"Dankie, Here Jesus, Yeshua, dat U die profesie vervul het en op die derde dag opgestaan ​​het om my te red van die mag van sonde en dood en my in U familie oor te dra! Amen."
©HarperCollins Christian Publishing (Zondervan & Thomas Nelson)
(Vertaal/Translated)
Amen.🙌🥰

📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
King Of Kings
Eli Soares & Terrian
https://music.youtube.com/watch?v=bT7XI12py0A 
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Dinsdag, Maart 17, 2026

Die Tuingraf

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Die Tuingraf
Sonde het Begin in die Tuin
Lewe het Begin in 'n Graf in 'n Tuin


Adam & Eva het Gesondig
in die Tuin van Eden

GENESIS 3:8-13 21-23 NLV
⁸ Teen die aand hoor hulle hoe die Here God in die tuin loop. Hulle kruip toe weg tussen die bome. 
⁹ Die Here God het toe na die mens geroep: “Waar is jy?” 
¹⁰ Hy antwoord: “Ek het U hoor aankom in die tuin en gaan wegkruip. Ek was bang omdat ek sonder klere is.” 
¹¹ “Wie het vir jou gesê dat jy sonder klere is?” vra die Here God. “Het jy dan van die boom geëet wat Ek jou beveel het om nie te eet nie?” 
¹² “Ja,” erken die mens, “dit was die vrou wat U aan my gegee het wat die vrugte vir my aangebied het, en toe het ek daarvan geëet.” 
¹³ Daarop vra die Here God vir die vrou: “Hoe kon jy so ’n ding doen?” “Die slang het my bedrieg,” antwoord sy. “Dis hoekom ek geëet het.”

GENESIS 3:21-23 NLV
²¹ Toe het die Here God vir die mens en sy vrou klere van vel gemaak en hulle dit laat aantrek. 
²² Daarna sê die Here God: “Die mens het nou soos een van Ons geword deurdat hulle ook weet van goed en kwaad. Wat sal gebeur as hulle van die vrugte van die boom van die lewe vat en eet? Hulle sal dan vir altyd lewe!” 
²³ Die Here God het daarom die mens uit die Tuin van Eden weggestuur...


Jesus die Lydende Dienskneg

JESAJA 53:4-9 NLV
⁴ Tog was dit ons swakhede wat hy gedra het. Hy het ons pyn verduur. Ons het aan hom gedink as dat God hom slaan, kasty en teister. 
⁵ Hy is geslaan en gepynig ter wille van ons sondes. Hy is gestraf sodat ons in vrede kan leef. Hy is geslaan sodat ons gesond kan word. 
⁶ Almal van ons het weggedwaal soos ’n klomp skape. Ons het ons eie pad gevolg. En toe het die Here ons almal se skuld en sondes op hom laat neerkom. 
⁷ Hy is geslaan en mishandel, maar hy het sy mond nie oopgemaak nie. Hy is soos ’n lam wat ter slagting gelei word. Soos ’n skaap stil is voor sy skeerders, so het ook hý sy mond nie oopgemaak nie. 
⁸ Hy is verdruk, skuldig bevind, en weggelei na sy dood. Wie van sy mense het besef dat hy vir hulle sondes doodgemaak word? Dat hy eintlik in húlle plek gestraf word? 
⁹ Hy het niks verkeerds gedoen nie, en het nooit enigiemand bedrieg nie. Tog is hy soos ’n misdadiger begrawe, in ’n ryke se graf neergelê.


'n Graf in 'n Tuin

JOHANNES 19:38-42 NLV
³⁸ Hierna het Josef wat van Arimatea afkomstig was – omdat hy vir die Joodse leiers bang was, was hy ’n geheime dissipel van Jesus – Pilatus gaan vra of hy die liggaam van Jesus kon kry. Pilatus het dit toegestaan. Josef het toe die liggaam gaan haal. 
³⁹ Nikodemus, wat Jesus die eerste keer gedurende die nag besoek het, het ook gekom en ’n mengsel van ongeveer 50 liter mirre en aalwyn gebring. 
⁴⁰ Hulle het toe Jesus se liggaam geneem en dit in linnedoeke saam met die speserye toegevou soos dit die gebruik van die Jode was om iemand vir ’n begrafnis voor te berei. 
⁴¹ Op die plek waar Jesus gekruisig is, was ’n tuin en in die tuin ’n nuwe graf waarin nog niemand begrawe was nie. 
⁴² Met die oog op die Joodse dag van voorbereiding, en omdat die graf naby was, het hulle Jesus daar neergelê.


Lewe het Begin in 'n Graf in 'n Tuin

HOSEA 6:2 NLV
Hy sal ons na twee dae laat aansterk en op die derde dag weer laat opstaan sodat ons in sy teenwoordigheid kan lewe.🕊

PSALMS 16:10 NLV
Want aan die doderyk sal U my nie prysgee, of toelaat dat u getroues in die graf ontbind nie.

MATTEUS 12:40 NLV
“Net soos Jona vir drie dae en nagte in die maag van ’n groot vis was, so sal Ek, die Seun van die Mens, vir drie dae en nagte in die binneste van die aarde wees. 

JOHANNES 2:22 NLV
Toe Hy eers uit die dood opgewek is, het sy dissipels onthou dat Hy dit gesê het en hulle het die Skrif en die woorde geglo wat Jesus gesê het.

JESAJA 53:10 NLV
Maar dit was die Here se wil om hom te vermorsel en te laat ly. Al het die Here sy lewe ’n skuldoffer gemaak, sal hy ’n groot nageslag kry en nog lank lewe. Die Here se plan sal as gevolg van Hom ontvou.

HANDELINGE 2:25-32 NLV
²⁵ “Koning Dawid het die volgende van Hom gesê: ‘Ek het die Here altyd by my gesien. Niks en niemand sal my laat wankel nie, want Hy is hier reg by my. 
²⁶ Dis hoekom my hart bly is, en my tong jubel! Ja, nog meer: omdat ek hoop het, leef ek rustig. 
²⁷ Ek weet U sal my gees nie in Hades agterlaat nie of toelaat dat u Heilige in die graf vergaan nie. 
²⁸ U het my die paaie geleer wat na die lewe lei, U sal my bly maak met u teenwoordigheid.’ 
²⁹ “Geagte volksgenote, verstaan goed! Dawid het in dié woorde wat ek aangehaal het, nie van homself gepraat nie. Ons weet mos: hy hét gesterf en is begrawe, en sy graf is tot vandag toe nog hier by ons. 
³⁰ “Hy het dus as profeet opgetree, en hy het geweet dat God met ’n eed aan hom belowe het dat een van sy nakomelinge as Messias op sy troon sou sit. 
³¹ Dawid het in die toekoms gesien en oor die opstanding van die Messias gepraat: Hy sal nie in Hades agtergelaat word nie, sy liggaam sal nie in die graf vergaan nie. 
³² “Hierdie woorde van Dawid handel oor Jesus: God het Hom opgewek. 
Ons is almal getuies hiervan. 

HANDELINGE 13:33-35 NLV
³³ Hy het dit vir ons, hulle nageslag, vervul deur Jesus te laat opstaan. So staan dit dan ook in die tweede psalm oor Jesus geskryf: ‘Jy is my Seun; Ék het jou vandag verwek.’ 
³⁴ “God het Hom uit die dood laat opstaan, en daarom sal Hy nooit tot niet gaan nie. Dit het God met die volgende woorde gesê: ‘Ek sal vir julle die beloftes vervul wat Ek betroubaar aan Dawid toegesê het.’ 
³⁵ “Daarom sê God ook elders: ‘U sal nie toelaat dat die Een wat aan U toegewy is tot niet gaan nie.’ 

HANDELINGE 26:22-23 NLV
²² Tot vandag toe het God my beskerm, en daarom staan ek hier en getuig voor klein en groot. Ek verkondig niks anders as wat die profete en Moses gesê het gaan gebeur nie: 
²³ Die Messias moes ly en die eerste wees van die dooies wat opstaan. So sou Hy aan ons volk en aan die nie-Joodse nasies die lig verkondig.”

1 KORINTIËRS 15:3-7 NLV
³ Die kern van die boodskap wat ek destyds aan julle deurgegee het, en wat ek weer van hulle voor my ontvang het, was dat Christus, soos in die Skrif staan, vir ons sondes gesterf het. 
⁴ Ook dat Hy begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het, soos in die Skrif staan. 
⁵ Verder dat Hy aan Petrus verskyn het en daarna ook aan die twaalf apostels. 
⁶ Daarna het Hy aan meer as 500 van sy volgelinge tegelyk verskyn. Van hulle leef die meeste nou nog, maar party is reeds dood. 
⁷ Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en later aan al die apostels. 


♡🩷♡

"Jesus het gekom om die sonde van Adam en Eva wat in die tuin van Eden begin het toe hulle God se bevel verbreek en van die boom geneem het, om te keer. Jesus het “teruggekeer” na 'n tuin om die vloek om te keer, die seën te herstel en lewe uit die dood te bring. In daardie tuingraf het die storie het tot 'n volle sirkel gekom."
Uittreksel uit Youversion Leesplan: 
'Transformed by the Messiah' 
Day 1: A Grave in a Garden
©HarperCollins Christian Publishing (Zondervan & Thomas Nelson)
(Vertaal/Translated)
📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
Miraculous Salvation
Tenniele Neda

https://music.youtube.com/watch?v=jWJipnIH_mE 

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Maandag, Februarie 23, 2026

Wat As?

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Wat As Die Lewe 
Oor Meer As Net 
My Geluk Gaan?


My Doel Strek Verder As My Geluk 
Wat Waarlik My Vreugde Is 


HANDELINGE 20:24 NLV
Al is my lewe kosbaar, ag ek dit van geen waarde as ek nie my lewenstaak en my bediening wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaarmaak nie: Om die Goeie Nuus te verkondig dat God mense liefhet sonder dat hulle iets hoef te doen om dit te verdien.

PREDIKER 3:12 NLV
Ek het besef daar is vir mense niks beter nie as om vrolik te wees en tydens hul lewe die goeie te geniet.

FILIPPENSE 2:2 NLV
Maak my dan nou heeltemal bly deur eensgesind te wees – één in liefde, één in hart en één in doel.

Ware Vreugde
GALASIËRS 5:22-23 NLV
²²Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, 
²³ sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie.

'n Innerlike vreugde, nie net 'n uiterlike vreugde nie.

MATTEUS 22:39 NLV
Die tweede, ewe belangrike opdrag is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ 

NEHEMIA 8:10 NLV
"...die blydskap wat die Here gee, sal julle krag wees!”

Innerlike Vreugde Bo Geluk
Geluk in die oomblik is vlietend, maar daar is 'n vreugde van die Here wat vir ewig bly en selfs tydens beproewinge duur.  
Dien ander bo my persoonlike gemak.

PSALMS 16:11 NLV
U wys vir my die lewenspad; in u teenwoordigheid is vreugde, en aan u regterhand is daar blydskap vir altyd.

SPREUKE 15:13 NLV
Blydskap laat ’n mens se gesig straal. Hartseer maak ’n mens terneergedruk.


📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 🔁🥰Luister!🩷 
What If
Jonathan Ogden
https://music.youtube.com/watch?v=2d9r7fnDkwc 
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Donderdag, Januarie 01, 2026

2026 - 'n Nuwe Jaar

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

2026
'n Nuwe Jaar
'n Nuwe Begin
Gevul met God se Genade

Soos die nuwe jaar begin, bied dit 'n heilige oomblik om te stop, te besin en geloof te vernuwe. Elke nuwe seisoen is 'n herinnering aan God se genade – 'n kans om van voor af te begin, agter te laat wat swaar op die hart lê en in hoop vorentoe te tree.

Die Skrif herinner ons daaraan dat God se genade elke oggend nuut is. Die omdraai van die kalender is meer as 'n verandering in datum; dit is 'n uitnodiging om God se plan met hernude vertroue te vertrou. Die afgelope jaar het dalk uitdagings gebring, maar deur elke beproewing het God se teenwoordigheid standvastig gebly.

Laat harte geanker wees in dankbaarheid en doelgerigtheid wanneer ons die nuwe jaar van 2026 binnegaan. Streef daarna om in liefde te groei, ander met deernis te dien en in die lig van Christus te wandel. Laat gebed elke besluit lei en geloof elke doelwit vorm.

Ons sal hernude krag van God ontvang en ook bo ons probleme uitstyg.  Ons moet volhard en uithou deur ons lewensreis sonder om moedeloos te raak.

Mag God se vrede hierdie jaar diep binne ons woon en die vreugde van die Here oorvloei in die daaglikse lewe soos die liefde van Christus deur elke aksie skyn. In Hom hou elke begin belofte in, en elke stap vorentoe is gevul met genade.

Vreugdevolle, geseënde Nuwejaar in 2026.
Mag ons voortgaan om die Naam bo alle name, Jesus, te verheerlik.  Onthou om die vervolgde kerk in jou gebede te dra.

Baie liefde in Christus Jesus, ons Here en Verlosser.

♡🩷♡

Jesaja 40:31 NLV
Maar dié wat hulle hoop op die Here stel,
sal nuwe krag kry.
Hulle vlieg hoog, soos arende.
Hulle sal hardloop en nie moeg word nie.
Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.

Titus 3:5 NLV
Hy het ons verlos,
nie op grond van wat ons gedoen het
vir ons vryspraak nie,
maar slegs op grond van sy eie ontferming.
Dit het Hy vermag deur die reiniging
van die weergeboorte en deur die Heilige Gees
wat ons vernuwe.

📖 Bible 

🎵  Song  🎵 
Guide Me To Where I"m Meant To Be
All For God • Heartfelt Guitar Gospel Songs • 2025
https://music.youtube.com/watch?v=Ebe9B1b9MOA

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Maandag, Desember 29, 2025

Die Bloed

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Die Bloed 
Pleit van die Bloed
Rus in Christus se Voltooide Werk 
Aan die Kruis


Die oorwinning is reeds bewerkstellig deur Christus se voltooide werk aan die kruis. Dit is nie nodig om die bloed in elke situasie, oor enige voorwerp of persoon, te pleit nie.

1 KORINTIËRS 15:57 NLV
Aan God kom ons dank toe – Hy wat aan ons die oorwinning oor die sonde en die dood gee deur Jesus Christus ons Here!

Die bloed van Jesus is vir die vergifnis van sonde, want sonder die vergieting van bloed is daar geen vergifnis van sonde nie.

Ons is reeds oorgeplaas na die Koninkryk van God se geliefde Seun. Ons hoef nie oor en oor 'die bloed te pleit' nie.

Jesus is nie apart van Sy bloed nie.

Deur die jare, soos ons groei in ons wandel met Christus en groei van die melk na die vleis van die God se woord, het ek geleer dat ons nie "die bloed van Christus pleit" nie. Deur gebed en die soeke na waarheid in die Bybel, weet ek dat die bloed van Jesus, wat vir ons sondes gestort is, ons van ons sondes reinig. Dit is dit. Geen bloed hoef gepleit nie. Ek het nooit geweet dit kom van die 'Word of Faith'-beweging nie. Dit is 'n Pinkster tradisie.

♡🩷♡
ROMEINE 5:9-11 NLV
⁹Ons is nou vrygespreek deur Jesus se dood. Hoeveel te meer sal Hy ons nie, deur Jesus, verlos van die toekomstige oordeel nie! 
¹⁰ Want as God ons, terwyl ons nog sy vyande was, deur die dood van sy Seun tot sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie! 
¹¹ Bo alles kan ons nou ook jubel in God omdat Jesus Christus ons Here ons bevoorreg het om nou God se vriende te wees.

Christus het reeds geestelike heersers en owerhede ontwapen!🙌 Dit is nie nodig om die bloed oor en oor te pleit nie.🙂👇
KOLOSSENSE 2:15 NLV
So het Hy die regeerders en gesagvoerders ontwapen. Hy het hulle in die openbaar bespotlik gemaak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer.

JOHANNES 19:30 NLV
Toe Jesus die suur wyn proe, het Hy gesê: “Dit is nou afgehandel!” Toe het Hy sy kop vooroor laat val en sy asem uitgeblaas.

EFESIËRS 1:7 NLV
Deur sy geliefde Seun is ons verlos deurdat Hy sy bloed vir ons gestort het. Ons oortredings is vergewe omdat God die rykdom van sy genade 

HEBREËRS 9:22 NLV
Ons kan inderdaad sê dat volgens die wet feitlik alles met bloed gereinig word. Sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis van sonde plaas nie.

HEBREËRS 10:10 NLV
Omdat God dit so wou hê, is ons geheilig deur Jesus se liggaam wat eens en vir altyd vir ons geoffer is.

KOLOSSENSE 2:14-15 NLV
¹⁴ Hy het die dokument met voorskrifte wat as klagstaat teen ons gedien het, uitgevee en dit vir goed weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker. 
¹⁵ So het Hy die regeerders en gesagvoerders ontwapen. Hy het hulle in die openbaar bespotlik gemaak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer.

1 TIMOTEUS 2:5 NLV
Want daar is net een God en een Middelaar wat God en mens kan versoen. Hy is die mens Christus Jesus.

KOLOSSENSE 1:13-14 NLV
¹³ Hy het ons verlos uit die mag van die duisternis en ons oorgebring onder die koningsheerskappy van sy geliefde Seun. 
¹⁴ Deur die Seun het ons verlossing verkry, naamlik die vergewing van sonde.

1 JOHANNES 2:1 NLV
My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sonde doen nie. As iemand egter sonde doen, ons het ’n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige. 

OPENBARING 1:5 NLV
⁵ en van Jesus Christus, die betroubare getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het en wat heers oor die konings van die aarde. Aan Hom wat ons liefhet en ons deur sy bloed van ons sondes verlos het,

OPENBARING 12:11 NLV
En hulle het hom self oorwin op grond van die bloed van die Lam en die boodskap waaroor hulle getuig het. Hulle het hulle lewens nie so liefgehad dat hulle onwillig was om vir Hom te sterf nie.

OPENBARING 19:10 NLV
Toe het ek voor sy voete neergeval om hom te aanbid. Hy sê egter vir my: “Oppas, moenie! Ek is net jou mededienskneg, en van al jou medegelowiges wat getuienis van hulle geloof in Jesus gelewer het. Buig neer in aanbidding voor God! Die kern van die profesie is inderdaad om van Jesus te getuig.”

1 TESSALONISENSE 5:9 NLV
God se bedoeling met ons is nie dat ons gestraf moet word nie, maar dat ons deur ons Here Jesus Christus verlos word! 

Die Bloed van Christus is uitgegiet om ons te red van die toekomstige toorn.

KOLOSSENSE 2:8 NLV
Wees op julle hoede en laat niemand julle op sleeptou neem met ’n leë, misleidende filosofie wat wel rekening hou met menslike tradisie en met wêreldse magte, maar nie met Christus nie. 

In plaas daarvan om die bloed te 'pleit', moet ons rus in wat Jesus vir ons aan die kruis bereik het. Dit is reeds gedoen, volbring!🥰🙌✝️🐑🩸🕊👑

📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
If I Got Jesus
Ben Fuller • If I Got Jesus • 2023
https://music.youtube.com/watch?v=3Qen1A6wBZU

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
(Ek verskaf 'n skakel hieronder wat dit mooi verduidelik.)
"Ons is gereinig deur die bloed van Christus, en nou is Hy ons Hoëpriester en Middelaar wat 'vir altyd leef om ons saak voor God te bepleit'. (Hebreërs 7:25). As Sy skape is ons reeds onder Sy beskerming; ons moet eenvoudig dag vir dag leef en op Hom vertrou vir wat Hy reeds belowe en voorsien het."

Pleading the Blood
https://www.gotquestions.org/pleading-the-blood.html

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Woensdag, Desember 24, 2025

Koning Jesus

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

'n Koning is Gebore
🩷Koning Jesus🩷

Jesaja 9:5-6 NLV
5 Want ’n Kind is vir ons gebore,
’n Seun is aan ons gegee.
Hy sal die heerser wees
met die koninklike titels:
Wonderbare Raadsman,
Magtige God,
Ewige Vader,
Vredevors.


6 Sy heerskappy en vrede
sal voortdurend uitbrei
en nooit ophou nie.
Vanaf die troon
waarop sy voorouer Dawid
gesit het,
sal Hy vir altyd regverdig
en reg regeer.

Die toewyding van die Here,
die Almagtige, sal dit waarborg.


♡🩷♡

Jesaja 7:14
Nou goed dan, die Here sal dan self ’n teken kies. Die jong vrou sal verwagtend raak. Sy sal geboorte skenk aan ’n seun en hom Immanuel noem.

Lukas 2:11
Die Verlosser – ja, die Messias, die Here – is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore!

Johannes 1:45
Op sy beurt loop Filippus vir Natanael raak en sê vir hom: “Ons het die persoon gevind oor wie Moses in die wet en die profete geskryf het. Dit is Jesus, die seun van Josef, wat van Nasaret af kom.”

Lukas 2:7
Sy het geboorte gegee aan haar eerste Kind, ’n seun. Sy het Hom in doeke toegedraai en Hom in ’n krip neergelê omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Johannes 3:16
“God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

1 Johannes 4:9
Op hierdie manier het God
sy volmaakte liefde
aan ons bekendgemaak
toe Hy sy enigste Seun
na die wêreld toe gestuur het
sodat ons deur Hom
die [ewige] lewe kan ontvang.


Matteus 28:18
Jesus kom toe nader en vir sy dissipels: “God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou.

1 Korintiërs 15:25
Want Christus moet aan bewind bly totdat Hy alle vyande finaal verslaan en aan Hom onderdanig gemaak het. 

Openbaring 12:5
Sy het geboorte geskenk aan ’n manlike kind, wat al die nasies met ’n ysterstaf sal beheer. Haar kind is weggeruk van die draak af, na God en na sy troon toe.

Rigters 13:18
Hy het vir Manoag geantwoord: “Hoekom wil jy weet wie Ek is? Dit is te groot vir jou.

Titus 2:13
Ondertussen sien ons daarna uit dat die wonderlike hoop wat ons koester, ’n werklikheid sal word en dat die heerlikheid van ons groot God en Verlosser, Jesus Christus, sigbaar sal word

Efesiërs 2:14
Christus het inderdaad vrede tussen ons gebring. Deur sy liggaam aan die kruis te gee het Hy die twee groepe één gemaak; ja, die muur van vyandskap het Hy afgebreek.

Daniël 2:44
“In die tyd van daardie koninkryke sal die God van die hemel ’n koninkryk oprig wat nooit tot niet sal gaan nie. Dit sal nooit in die hande van ander mense kom nie. Dit sal ’n einde bring aan al die ander koninkryke en self vir altyd bly bestaan.

Matteus 1:1, 6
1 Hier volg die familieregister van Jesus Christus. Hy was die Seun van Dawid, en uit die nageslag van Abraham.
6 Isai die pa van koning Dawid.
Dawid was die pa van Salomo
by die vrou van Urija,

Lukas 1:32, 33
32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word. En die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee.
33 Hy sal vir ewig oor Israel regeer; en sy koningsheerskappy sal nooit eindig nie!”

Johannes 7:42
Het die Skrif dan nie gesê dat die Messias uit die nageslag van Dawid en uit Betlehem, die tuisdorp van Dawid, sou kom nie?”

Jesaja 37:32
Want uit Jerusalem
sal ’n oorblyfsel kom
en uit Sionsberg
’n groep oorlewendes.
Die ywer van die Here,
die Almagtige,
sal daarvoor sorg.

📖 Bible 

🎵  Lied  🎵 
His Name Shall Be
Matt Redman
https://music.youtube.com/watch?v=0FHwFB8ZMm8
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Sondag, November 23, 2025

Kom Terug

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Kom terug Na God

Jesaja 55:7 NLV
Die goddelose mens
moet sy verkeerde dinge los,
en die bose mens
sy slegte gedagtes.
Hy moet terugdraai na die Here
en Hy sal hom genadig wees.
Ja, draai na God,
want Hy sal altyd vergewe!


Joël 2:13
Moenie julle klere skeur omdat julle hartseer is nie, skeur julle harte!Draai terug na die Here julle God toe, want Hy is genadig en vol meegevoel. Hy word nie maklik kwaad nie. Hy is baie liefdevol en wil julle nie graag straf nie.

Hosea 14:2
2 Keer terug na die Here jou God, o Israel, want jou sondes is jou ondergang. 
3 Bely jou sondes en keer terug na die Here toe. Sê vir Hom: “Vergewe tog al ons sondes en aanvaar ons in genade sodat ons weer ’n lofoffer aan U kan bring.

Sagaria 1:3
Sê daarom vir die volk: ‘Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: Draai om na My toe en Ek sal na julle toe omdraai, sê die Here, die Almagtige.’

Jeremia 24:7
Ek sal hulle ’n ingesteldheid gee om My weer as die Here te ag. Hulle sal weer soos my eie mense wees en Ek sal hulle God wees. Hulle sal My weer heelhartig dien.

Klaagliedere 3:40
Laat ons eerder gaan kyk
na wat ons gedoen het
en daaroor nadink
sodat ons kan omdraai
na die Here toe.


Hosea 6:1
“Kom, laat ons teruggaan na die Here toe! Hy het ons verskeur; Hy sal ons weer genees. Hy het ons geslaan; Hy sal ons wonde weer verbind.

Hosea 12:7
Kom nou terug na jou God toe! Tree op met liefde en regverdigheid, en lewe voortdurend met ’n vaste vertroue op jou God.

Jeremia 3:22
Die Here sê:
“Ontroue kinders,
kom terug na My toe.

Ek sal julle van julle ontrouheid
genees.”
Hulle het geantwoord:
“Ja, ons wil terugkom,
want U is die Here ons God!

Jesaja 31:6
Daarom, Israeliete,
kom terug na Hom toe,
al het julle Hom verraai.

Jakobus 4:8
Kom nader aan God, en Hy sal nader aan julle kom. Was julle hande van die sonde wat daaraan kleef, julle sondaars, maak julle harte skoon, julle tweegesigte wat nie kan besluit aan wie julle getrou wil wees nie.

Psalms 51:19
Die offer wat U wil hê, o God,
is ’n gebroke gees.
’n Gebroke en berouvolle hart
sal U nie verwerp nie, o God.


📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
https://music.youtube.com/watch?v=ARzRY-m1e_k
Return
J Moss • The Demos, Vol. 1 • 2025

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Woensdag, November 19, 2025

Pêrels & Varke

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Pêrels & Varke

MATTEUS 7:6 NLV
“Moenie wat heilig is vir onheilige mense gee nie. Hulle sal dit nie respekteer nie. Hulle sal soos honde omspring en julle verskeur. Moet ook nie julle kosbare pêrels vir elke morsige hierjy aanbied nie. Hulle sal dit nie waardeer nie, maar dit vertrap soos varke onder hulle pote.”

🕊📖🦪📖🕊
SPREUKE 9:7-8 NLV
⁷ Hy wat ’n spotter wil reghelp, sal afgejak word. Hy wat ’n goddelose mens op die regte pad wil help, sal seerkry
⁸ Moenie hom wat spot, teregwys nie. Hy sal jou daarvoor haat. Wys iemand tereg wat wys is, en hy sal lief wees vir jou.

SPREUKE 23:9 NLV
Moenie ’n dwaas reghelp nie. Jou goeie raad behandel hy met minagting.

HANDELINGE 13:44-49, 52 NLV
⁴⁴ Die volgende Sabbatdag het byna die hele stad bymekaargekom om hulle die woord van die Here te hoor preek. 
⁴⁵ Toe die Jode die skares sien, het hulle jaloers geword. Hulle het Paulus beledig en alles teengestaan wat hy gesê het. 
⁴⁶ Paulus en Barnabas het toe reguit vir hulle gesê: “Die woord van God moes eerste aan júlle verkondig word. Maar omdat julle dit verwerp en daarmee beslis dat julle die ewige lewe nie werd is nie, wend ons ons nou tot die nie-Jode. 
⁴⁷“Immers met hierdie woorde het die Here ons ’n opdrag gegee: ‘Ek het Jou gegee as ’n lig vir die nie-Joodse nasies sodat Jy verlossing kan bring tot in die uithoeke van die aarde.’” 
⁴⁸ Toe die nie-Jode dit hoor, was hulle baie bly en hulle het die woord van die Here toegejuig. Almal wat vir die ewige lewe bestem was, het gelowig geword. 
 Die woord van die Here het deur daardie hele streek versprei.
² Die gelowiges was vol blydskap en vol van die Heilige Gees.

📖 Bybel 

🎵  Lied  🎵 
https://music.youtube.com/watch?v=3EVCYWQOihs
Crystal's Cry
Sondae, Moflo & Crystal Mills
Pilgrim's Road

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Dinsdag, November 18, 2025

Vryheid Is My Lied

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Vryheid Is My Lied
Vryheid!
Ek is Vry!

Johannes 8:31-32 NLV
31 Toe het Jesus vir die Jode wat tot geloof in Hom gekom het, gesê:As julle in ’n noue verbintenis aan my boodskap leef, is julle my egte navolgers;
32 "Julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak.”

♡🩷♡
Johannes 8:36 NLV
As die Seun julle dus bevry, sal julle regtig vry wees.

Romeine 8:2 NLV
Die lewegewende Gees is so magtig dat Hy jou deur Christus Jesus bevry het van die greep van die sonde wat uitloop op die dood.

2 Korintiërs 3:17 NLV
Die “Here” dui hier op “die Gees” en waar die Gees van die Here is, heers daar vryheid.

Galasiërs 5:1,13 NLV
1 'Om vry te wees! – dit is waarvoor Christus ons vrygemaak het! Maak seker dat julle vry bly, en moet nie weer onder ’n slawejuk vasgebind word nie. Broers en susters, 
13 julle is inderdaad geroep om in vryheid te leef. Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien.'

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
https://music.youtube.com/watch?v=Ei519KaRWqE
Freedom Is My Anthem
Beckah Shae

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Maandag, November 03, 2025

God Se Liefde Vir Jerusalem

 ~•~~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~~•~

God se Liefde vir Jerusalem

Jerusalem — 'n Ontroue Vrou

🩷
Esegiël 16:60-63 NLV
60 Nogtans sal Ek onthou van die verbond wat Ek met jou gesluit het toe jy nog jonk was.
Ek sal ’n ewige verbond met jou sluit.
61 Dan sal jy skaam wees as jy die dinge onthou wat jy gedoen het.
Ek maak jou jonger en ouer susters dan jóú dogters, selfs al is hulle nie deel van ons verbond nie.
62 Ek sal weer my verbond met jou sluit, en jy sal erken dat Ek die Here is.
63 Jy sal jou sondes onthou. En dan sal jy stilbly omdat jy skaam kry,
dié dag as Ek jou vergewe vir alles wat jy gedoen het, sê die oppermagtige Here.”

Nuwe Verbond Geprofeteer

Jeremia 31:31-37 NLV

31 Die Here sê: “Die tyd kom dat Ek weer ’n nuwe verbond met Israel en Juda sal sluit.
32 Hierdie verbond sal nie wees soos die een wat Ek met hulle voorouers gesluit het nie. Ek het hulle destyds aan die hand gevat en uit Egipte uitgelei. Hulle het my verbond verbreek, al het Ek hulle liefgehad soos ’n man sy vrou liefhet,” sê die Here.

33 “Maar so sal die nuwe verbond wees wat Ek na hierdie tyd met Israel sal sluit,” sê die Here. “Ek sal my wette in hulle gedagtes plant en op hulle harte skryf. Ek sal hulle God wees en hulle sal my volk wees.
34 Dit sal nie vir hulle nodig wees om vir hulle bure of familie te sê: ‘Ken die Here, leef soos die Here van julle verwag,’ nie. Almal, van die geringste tot die belangrikste, sal My reeds ken,” sê die Here.
“Ek sal al hulle oortredings en hulle sondes vergewe. Ek sal nooit eers weer daaraan dink nie.”

35 Dit is wat die Here sê, Hy wat die son gemaak het
om in die dag te skyn, en die maan en die sterre
om in die nag lig te maak.
Dit is Hy wat die see onstuimig laat word om golwe te maak.
Sy Naam is die Here, die Almagtige, en Hy sê:

36 “So min as wat Ek hierdie natuurwette sal verwyder,
net so min sal die nageslag van Israel ooit ophou om my volk te wees!”

37 Die Here sê:

“Net soos die hemele nie gemeet kan word,

of die fondasie van die aarde ondersoek kan word nie,

net so min sal Ek daaraan dink om die nageslag van Israel vir altyd

weg te gooi vir die verkeerde dinge wat hulle gedoen het.”

Dit is wat die Here sê!

🩷

"Kommentare oor Esegiël 16:61, wat op StudyLight.org en ander webwerwe gevind word, verduidelik dat hierdie vers aandui dat God 'n nuwe, ewige verbond met Israel vestig, wat verder strek as die ou verbond om nie-Jode in te sluit wat "dogters" in die nuwe verbondsgemeenskap sal word en hul geestelike erfenis van Israel sal ontvang. Die "ouderlinge en jonger susters" verwys na die nie-Jode, wat onder die Nuwe Verbond in die Kerk ingelyf sal word.

Kernpunte uit die Kommentare

  • Die Ewige Verbond:

  Vers 61 stel God se belofte bekend om 'n ewige verbond te vestig, wat kommentators verbind met die Nuwe Verbond wat in Jeremia 31:31-35 geprofeteer is.

  • "Jou Susters":

Die "ouer en jonger" susters word geïnterpreteer as die heidene—dié wat geleef het voordat die Joodse nasie geroep is en dié wat daarna gekom het.

  • Insluiting van Heidene:

Hierdie heidene sal in die Kerk ingebring word en die voorregte en verordeninge van God se verbond ontvang, en sal deelneem aan die nuwe geestelike gemeenskap saam met bekeerde Israeliete.

  • 'n Nuwe Geestelike Familie:

Die "maak hulle dan jou dogters" beteken dat die heidene, sodra hulle deur God se genade in die Kerk ingebring is, in die verbondsvolk ingelyf sal word en die woord van God sal gehoorsaam.

  • Skaamte en Bekering:

Die konteks van die vers dui daarop dat wanneer God verbondsgenade bewys en hierdie "susters" in die broederskap inbring, Jerusalem dan haar vorige weë sal onthou, skaam sal wees en haar groot sondigheid sal erken.

In wese beklemtoon die kommentare dat Esegiël 16:61 'n deurslaggewende profesie is oor die insluiting van die heidene in die volk van God deur 'n nuwe verbond in die bloed van Jesus Christus, ons Messias, wat 'n universele gemeenskap van geloof vorm."
(KI Oorsig-Vertaal uit Engels)

📖 Bybel

🎵 Lied 🎵

https://music.youtube.com/watch?v=6_fpdV3dt0Q
Ezekiel 16 - On The Day You Were Born
Project of Love
~•~~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~~•~


Donderdag, Oktober 02, 2025

Niemand Weet Nie

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡ 

• Niemand Weet Nie, 
• Net Die Vader

Valse Wegraping Voor Verdrukking Datum Vasstelling

Die 23ste en 24ste het gekom en gegaan en die wêreld lag vir Christene, maar iemand het weer 'n nuwe datum vasgestel!
Die wegraping voor die verdrukking het nie plaasgevind nie, al het iemand beweer dat die Here vir hulle gesê het dat die verdrukking gaan begin en toe het die valse profeet die datums bygevoeg. So baie het beweer dat hulle drome gehad het en dat die Here alles bevestig het, en die meeste van hulle het met die datum narratief gehardloop. Hoe kan soveel Christene mislei word?
Jesus sal nooit ooit lieg oor Sy eie woorde toe Hy gesê het dat niemand die dag van Sy wederkoms ken nie, net die Vader, en net die Vader het die gesag om daardie datums en tye vas te stel. Jesus het gesê dit is nie vir ons om te weet nie.
Tog het almal met al hierdie valse profete en hulle visioene en drome en woorde 'van die Here self' gehardloop, en ja, ek noem hulle valse profete. Om te beweer dat Jesus iets gesê het wanneer Hy dit nie gedoen het nie, is om in Sy Naam te lieg. Waar is die vrees van die Here in dit?

Prediker 5:2,6 NLV
'Baie aktiwiteit gee jou rustelose drome. Net so kom dwaasheid van te veel woorde. Want soos daar baie drome is wat sinloos is, so is daar ook baie woorde. Maar jy moet ontsag hê vir God. '

Handelinge 1:6-7 NLV
⁶ Toe hulle ’n keer weer bymekaar was, het die apostels Jesus aanhou vra: “Here, is dit nou die tyd dat U Israel weer ’n onafhanklike volk met ’n eie koning gaan maak?”
7 “Die Vader bepaal hierdie datums,” het Hy geantwoord, “en die bedoeling is nie dat julle dit moet ken nie.

Matteus 24:36, 44 NLV
³⁶ '“Tog ken niemand die presiese datum en tyd wanneer hierdie dinge sal gebeur nie – ook nie die engele of selfs die Seun nie. Dit weet net die Vader. 
⁴⁴ Daarom moet julle ook voorbereid wees, want die Seun van die Mens kom op ’n tyd wanneer julle dit nie verwag nie.” '

Titus 1:2 NLV
 "...God...Hy kan nie lieg nie." 

Hebreërs 6:18 NLV
"Hierdie twee dinge waarborg dat God sy woord sal hou..."

Romeine 3:4 NLV
Beslis nie! Al sou elke mens ’n leuenaar weesGod se waaragtigheid staan steeds vas. Soos die Skrif sê:
“U sal reg bewys word
in wat U sê,
en U sal u regsaak wen.”

Jeremia 23:16 NLV
Die Here, die Almagtige, sê:
“Moenie luister
na hierdie profete nie.
Hulle boodskappe
skep vals hoop by julle.
Die visioene wat hulle oordra,
kom nie van die Here af nie.
Dit kom van hulleself af!


Matteus 24:24-25 (Jesus)
24 Want daar sal baie vals messiasse en profete na vore kom. Hulle sal indrukwekkende tekens en wonders doen om, as dit moontlik sou wees, selfs God se uitverkorenes te probeer mislei.
25 Let goed op, Ek het julle vooraf gewaarsku.

Romeine 16:17
Nog ’n laaste beroep op julle, broers en susters. Wees op die uitkyk vir mense wat verdeeldheid veroorsaak en Christene se geloof ondergrawe deur dinge te verkondig wat bots met dit wat julle geleer het. VERMY HULLE.

Lukas 19:13 NLV 
Hy het sy tien slawe geroep en aan hulle tien goue muntstukke gegee en gesê: ‘Gaan doen besigheid daarmee totdat ek kom.’ 

Laat ons besig wees met God ons Vader se werk soos Jesus besig was met Sy Vader se werk. Doen die werk om ander te dien, dra mekaar se laste. Oë nie op 'n kalender nie, maar oë gevestig op Jesus.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
https://music.youtube.com/watch?v=Qth4KDGeZXQ
Moonlight
ALIA LARA & 1 Timothy

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Woensdag, Julie 09, 2025

Geweld, Bedrog, Innerlike Vrede

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡
Moenie bang wees vir die storms wat in jou lewe woed nie.
Jesus Christus ons Here en Verlosser wat die storm om hulle stil gemaak het terwyl hy in die boot was, kan beslis die storms van die lewe wat jy wêreldwyd in die samelewing en ook ín jou sien woed, stilmaak.
Bid altyd oor alles wat angs in jou hart veroorsaak, roep uit tot God! Hy sal beslis jou stem hoor. Hy sal jou vrese kalmeer en jou Sy vrede gee wat alle verstand te bowe gaan.

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Geweld & Bedrog 
& Innerlike Vrede

Psalms 55:2-12,18-20,22 AFR20
2 O God, luister na my gebed,
verberg U nie vir my smeekbede nie.
Luister tog aandagtig na my 
en antwoord my.
Klaend dwaal ek rond;
ek is verward
4 oor die geraas van vyande,
oor die getier van goddeloses,
want hulle laat onreg op my neerstort,
en in toorn is hulle vyandig teenoor my.
5 My hart krimp ineen in my binneste,
doodsangs het my oorval.
6 Vrees en bewing oorweldig my,
'n rilling trek deur my liggaam.
7 Ek het gedink,
het ek maar vlerke gehad soos 'n duif!
Ek sou wegvlieg en 'n tuiste vind;

8 ja, ek sou ver weggaan om te ontvlug;
ek sou in die woestyn oornag. •Sela

9 Ek sou haastig vir my 'n skuilplek soek,
weg van die rukwind, van die hewige storm.

10 My Heer, verwar, verdeel hulle tonge,
want in die stad sien ek net
geweld en stryd.
11 Dag en nag doen dit die rondte
op die stadsmure, en binne die stad
is daar onreg en geweld.
12 Vernietiging is binne-in die stad,
verdrukking en bedrog wyk nie
van die stadsplein nie.

18 In die aand, in die oggend
en in die middag het ek gekla en gesteun;
maar Hy het my stem gehoor.

19 Met vrede koop Hy my lewe vry
van 'n geveg wat teen my gerig is,
al is hulle in hulle hordes teen my.

20 God hoor en sal hulle verneder
– Hy regeer immers van die voortyd af, – Sela
hulle by wie daar geen verandering is nie,
en wat nie ontsag het vir God nie.

22 Sy mond is gladder as botter,
maar sy hart is die ene oorlog.
Sy woorde is strelender as olie,
maar dit is ontblote swaarde.


♡🩷♡

Psalms 107:29 AFR20
Hy het die storm stil gemaak
en die golwe het bedaar.


♡🩷♡

Psalms 55:23 AFR20
Werp jou las op die Here;
Hy sal jou versorg,
Hy sal nooit toelaat
dat die regverdige wankel nie.


Markus 4:39 AFR20
Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vir die see: “Wees stil, bedaar!” Die wind het gaan lê, en daar het 'n groot kalmte gekom.

Johannes 14:27 AFR20
Vrede laat Ek julle na – my vrede gee Ek julle. Ek gee dit nie vir julle soos die wêreld dit gee nie. Laat julle harte nie ontsteld en bang wees nie.

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
https://music.youtube.com/watch?v=CIui-ggRoeo
 ♪ Perfect Peace • Tenielle Neda  ♪
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


Sondag, Junie 08, 2025

Heilige Gees

 ♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Profesie
Die Here se Belofte van Sy Gees

JOËL 2:28-32 NLV
[28] “Daarna sal Ek my Gees op alle mense uitstort. Julle seuns en julle dogters sal profeteer. Julle oumense sal drome droom. Julle jongmense sal visioene sien.  
[29] In dié tyd sal Ek my Gees selfs op slawe en slavinne uitstort.  
[30] “Ek sal wonders in die hemel en op die aarde laat plaasvind: bloed, vuur en rookkolomme. 
[31] Die son sal donker word en die maan bloedrooi. Dit sal gebeur voor die groot en verskriklike dag van die Here aanbreek.  
[32] “Enige persoon wat tot die Here bid, sal gered word. Die mense wat ontsnap, sal op die Sionsberg en in Jerusalem wees, net soos die Here gesê het. Hulle sal tussen die oorlewendes wees wat die Here geroep het.”

♡🩷♡

Profesie Vervul:
Die Heilige Gees Uitgestort

Handelinge 2:1-4, 16-21 NLV
[1] Op Pinksterdag, sewe weke na Jesus se opstanding, was al die gelowiges op een plek saam. 
[2] Skielik was daar in die lug bokant hulle ’n geluid soos van ’n geweldige stormwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle bymekaar was.  
[3] Tonge wat gelyk het soos individuele vuurvlamme het toe tussen hulle verskyn en op elkeen van hulle gaan sit. 
[4] Almal is toe met die Heilige Gees vervul en soos die Gees vir hulle die vermoë gegee het, het hulle in ander tale begin praat.  
[16] Nee, wat hier gebeur, is waarvan God deur die profeet Joël gepraat het: 
[17] ‘Só sal dit in die laaste dae wees, sê God: Ek sal my Gees uitstort op elke mens. Julle seuns en dogters sal die woord van God verkondig; julle jongmense sal gesigte sien, en julle oumense sal drome droom.  
[18] Ja, op die mans en vroue wat in my diens staan, sal Ek in daardie dae my Gees uitstort en hulle sal my woord verkondig.  
[19] En Ek sal wonders gee bo in die hemelruim en wondertekens onder op die aarde – bloed en vuur en rookwolke.  
[20] Die son sal ’n donker kol word, en die maan ’n bloedkol, voordat die groot en heerlike Dag van die Here kom.  
[21] Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal verlos word.’  

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
https://music.youtube.com/watch?v=FKWem-k3dyY
Fire on the Mountain, Fire in My Heart
Timeless Hebrew Tunes

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡


'n Wolk

♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡

Ek Sien 'n Wolk

1 Konings 18:1-2; 41-46 NLV
1 Na ’n lang tyd, tydens die derde jaar van droogte, sê die Here vir Elia: “Gaan na koning Agab toe en sê vir hom Ek sal dit binnekort laat reën.” 

2 Elia het na Agab toe gegaan.

Intussen het die hongersnood in Samaria toegeneem.

41 Elia sê toe vir Agab: “Gaan eet en drink, want ek hoor die gedruis van groot reën!”

42 Agab het toe gaan eet en drink, maar Elia het tot op die top van Karmelberg geklim. Daar het hy met sy kop tussen sy knieë op die grond neergebuig.

43 Hy sê toe vir sy dienaar: “Gaan kyk uit oor die see.”

Die dienaar het gekyk, na Elia toe teruggekom en gesê: “Ek sien niks nie.”

Elia sê vir hom: “Gaan kyk weer!” Sewe keer het Elia hom gestuur.  

44 Die sewende keer kom sê die dienaar: “Ek sien ’n klein wolkie so groot soos ’n man se hand wat uit die see opkom.”

Toe sê Elia: “Maak gou! Gaan sê vir Agab: ‘Span jou wa in en gaan af na jou huis toe anders sal die reën jou vaskeer!’”

45 Spoedig was die lug donker van onweerswolke. ’n Sterk wind het ’n groot reënstorm gebring. Agab het dadelik na Jisreël toe vertrek. 

46 Die Here het Elia krag gegee. Hy het sy gordel vasgemaak en toe voor Agab se wa uit gehardloop tot by Jisreël.

Jesaja 60:22 NLV
"...Ek is die Here. Wanneer die tyd daarvoor kom, sal Ek dit doen.”

♡🩷♡
Dierbares, sovele kere het die Here Sy kinders se gebede verhoor. Ja, dit vat soms jare, maar ons druk deur met ons gebede in groot geloof en vrede in ons harte, want ons weet ons God is genadig en goed en Hy toets ook ons geloof en geduld en laat alles in Sý tyd, die regte tyd gebeur. Net soos in 2017 met ons droogte in Kaapstad.

So moenie beangs word wanneer die lewe druk nie. Moenie kleingelowig wees nie. Jou Bewaarder en Voorsiener sluimer en slaap nie. Hou aan uitroep vir Sy genade, hulp en voorsiening met al jou probleme en behoeftes. God is jou Abba Vader en Hy sorg vir Sy kinders.

Luister die liedjie by die skakel hieronder. Sien jy die wolk?😊  
"Ek sien 'n wolk. Ek weet God werk dinge ten goede vir my uit. Ek sien dit nou. God doen Sy beste wonderwerke wanneer dit geen sin behoort te maak nie en ek slaan my oë weer op en ek sien 'n wolk!" 
Wanneer die sluise van die hemel oopgaan, sal die seën uitgestort word. God se voorspoed sal meer as genoeg vir jou wees!😊🙌🩷 

📖 Bybel

🎵  Lied  🎵
https://music.youtube.com/watch?v=HTUpefC6qJk
Cloud - Megan Tibbits
♡~•~♡~•~🩷🄹🄴🅂🅄🅂🩷~•~♡~•~♡